Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inskrywings vir die Efficient Wealth Klerksdorp Marathon 2026 het op 1 November geopen. Dit is Noordwes se grootste marathon en word soos altyd die tweede naweek in Februarie gehou.
Hulp benodig vir jong jukskeispeler
McKayla Van der Westhuizen is gekies vir die provinsiale o/19 Jukskeispan. Die span toer in Desember na Kroon-stad waar hulle aan die nasionale jeug-kampioenskap gaan deelneem. Sy is tans besig om fondse in te samel om haar toerkoste te dek. Die koste is R5 000. Enigiemand wat kan help, word versoek om haar ma te skakel by 076 992 4621. McKayla is ‘n leerling van KHS.
Klerksdorp se vroue seëvier op rolbalbaan
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tydens die pas afgelope Noorwes Rolbal se Ope Pare kampioenskap was dit weereens die gedugte paar van Klerksdorp Rolbalklub, Jillian Booth en Serlina Venter, wat “stof in die oë geskop” het van die ander damesspanne.
Hulle stap weg met die goue medalje en kwalifiseer om volgende jaar in die Sentraal Vierhoekige kompetisie deel te neem teen ander wenners van Noord-Vrystaat, Noord-Kaap en Suid-Vrystaat Rolbal.
In die mansafdeling het Errol Booth en Alan Kirkland ongelukkig hulle rieme styf geloop in die finaal en dus die silwer medalje verower. KBC sien uit na die nuwe seisoen en verwag nog baie medaljes tydens die 2025/2026 seisoen.
Armwrestling extravaganza in Klerksdorp
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The city is gearing up for one of the biggest armwrestling competitions in South Africa, and the public is urged to come test their strength and witness two of the strongest in the sport collide.
Askari Sports Bar is set to buzz on November 15 with intense competition across 18 categories and will conclude with two explosive supermatches featuring some of the nation’s top pullers.
NW-skeie klap in Gauteng
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Noordwesters het amok gemaak die afgelope naweek in Pretoria by die Gauteng jukskeiklubkampioenskap.
Nege spanne het deelgeneem en sewe het medaljes gekry. Drie spanne van Hak en Steek het silwer gekry, klub Eland van Swartruggens ‘n silwer en Lichtenburg se Splash het ‘n silwer en ‘n goud gewen.
‘n Gekombineerde span het brons gekry. Sowat 72 spanne het deelgeneem en Noordwes het baie goed gedoen én kan nie wag vir volgende jaar nie.
Die volgende nasionale kompetisie op die kalender is die juniors wat 8-12 Desember aan die Junior SA’s deelneem.









