Die krieketklub Upington Lions het verlede Saterdag die ZFM-Subunie trofee vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen toe hy die jong en onervare span van Carltonians in die eindstryd oortuigend met ses paaltjies geklop het.
Die wedstryd is op ‘n baie goeie kolfblad van Hoèrskool Duineveld gespeel wat aan die bouler en kolwer die geleentheid gegee het om munt daaruit te slaan.
Die jongspan van Carltonians het die loot gewen en het dadelik besluit om eerste te kolf in ‘n ligte oggendliggie wat die snelboulers met goeie swaai deur die lug gehelp het.
GW Interpro tweekamp
Die inter-provinsiale tweekampbyeenkoms, wat op ‘n warm Noord-Kaapse Saterdag plaasgevind het, was ‘n groot sukses - met meer as 200 atlete wat die hitte aangedurf het.
Die byeenkoms was in Kimberley - in samewerking met Griekwaland-Wes tweekamp.
Atlete van Noord-Wes, Vrystaat en Griekwaland-Wes het mekaar die stryd aangesê en uiteindelik het Griekwaland-Wes as die provinsiale kampioene met die louere weggestap.
Upington Lions terug nà twee terugslae
Die Upington Lions krieketklub het verlede Saterdag die bordjies hier teen College verhang nà twee teleurstellende vertonings onlangs in die ZFM-Krieketliga wat tans op ‘n hoogtepunt uitloop onder die plaaslike en nabygeleè spanne.
NCRTVET Krieketklub het eerste gekolf en ‘n skaflike telling van 159/9 (36 bbe) in sy toegelate 40 boulbeurte aangeteken waarin Rudolph Julie (60 van 80 balle) en Angelo Christians met sy 46 lopies van 32 balle die stang stewig vasgebyt het om hul span na daardie aansienlike beurt te neem.
SC Kearns spog met hul top sportsterre
SC Kearns het onlangs hul sportsterre beloon met sertifikate en trofeë. Tiffany Swartz is Hoërskool SC Kearns se “Sportvrou van die Jaar”. Hier verskyn sy saam met haar onderwyser, mnr. Leonardo Esterhuizen.
SC Kearns se “Sportman van die Jaar” is Admire Gasa, ‘n gr.12-leerling wat vanjaar op die sportveld uitgeblink het.
PD Rolstoelrugbydag was ‘n groot sukses
GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington APD het onlangs ‘n baie geslaagde rolstoelrugbydag by Desert Palace Casino gehou.
Die gasheerspan, was die gewilde Mustangs van Bloemfontein. Hulle het afgeskop met ‘n demonstrasie wedstryd om vir al die spanne te wys hoe daar gespeel word en om die reëls te verduidelik.
Die deelnemers het gou agtergekom dat hierdie spel baie uitputtend is en dat dit nie kinderspeletjies is nie.
Agt spanne het teen mekaar gespeel. Die wenners van die dag was Upington Dorp Rugbyspan.
Stywe lyne by kompetisie nr6!
Die groot hengel is volstoom aan die gang en kompetisie nommer 6, by die Boegoeberg Dam Resort, was weer een vir die boeke!
“Met almal wat graag in die top 10 wil eindig en deur gaan na die finaal - het ons geweet hierdie gaan ‘n massiewe kompetisie wees” sê organiseerder, Zubair Parker.
Hy sê die hengelaars het tot op die laaste sekonde gespook en daar is sakke vol vis uitgetrek - met ‘n paar persoonlike bestes wat ook gebreek is.
Skole se onnies en ouers spook dit op krieketveld uit!
Op die Voorpos se krieket het die afgelope naweek afgesluit vir die jaar. Die seiesoen is met ‘n heerlike vriendskaplike wedstryd tussen Voorpos se onderwysers/ouers en die onderwysers/ouers an die Laerskool Oranje Noord afgesluit.
Die pappas en mnre, wat altyd so slim raad van die kant af skree moes Saterdag bietjie self voor die penne inskuif en self die boule boul.
Dit was baie pret.
Tweekampfees
Upington Tweekamp se Liga 2 - en fondsinsameling - het plaasgevind te midde van ‘n skroeiende 40 grade hitte op 10 November, maar dit het nie die opwinding gedemp nie!
Hierdie geleentheid het nie net ‘n wonderlike saamtrek van atlete gebring nie, maar ook ‘n geleentheid gebied om die gemeenskap se hand te vat en fondse vir Solidariteit se Helpende Hand in te samel.
Die warm temperatuur het nie die deelnemers ontmoedig nie - en die liga het ‘n nuwe hoogtepunt bereik met ‘n indrukwekkende 100 atlete wat meegeding het.
Hulle wen semi-finaal
Nadat Kathu Primêr se 0/14 A-Wolwe verlede week hul semi-finaal teen Kuruman gewen het, het hulle die afgelope week in die liga finaal teen Wrenchville gespeel. Na ‘n puik wesdtryd aan beide kante klop die Wolwe Wrenchville met 3-0. Hulle stof dan ook 14 ander spanne in die liga uit en word as liga wenners aangekondig.
Afrika se sterkste van Upington
In minder as ‘n jaar - vandat hy ernstig begin het met die sport - ryg Rayno Nel, oud Upingtonner, behoorlik die titels in!
Hy is onderskeidelik gekroon as Arnold Classic Afrika-kampioen 2023, Suid-Afrika se Sterkste Man 2023 en nou is hy Afrika se sterkste man 2023!
Hierdie titel het hy in Oktober tydens die “Africa Strongman” in Zambië verower. Hy poog om eendag as die sterkste in die wereld gekroon te word!Wat dit so merkwaardig maak, is dat hy eers - vanaf die begin van die jaar - ernstig begin het met die sport.
Tweekampseisoen skop goed af
Die eerste ligakompetisie in ‘n reeks van vier het verlede week in Upington afgeskop.
Die kompetisie het die dorp se atlete saamgebring in ‘n fees van sportprestasie.
Hoërskool Duineveld was die gasheer van hierdie byeenkoms wat meer as 80 deelnemers gelok het. Dit was ‘n ware hoogtepunt vir Upington se sportkalender en het deelnemers vanoor die hele gemeenskap saamgebring.
Skole en privaat skole se atlete het bewys dat Upington as een gemeenskap saamstaan.
August en sy span by die Munisipale swembad het gesorg vir top geriewe vir die deelnemers en toeskouers
Rotary Upington Toyota Extreme
Die Upington Extreme van 21 Oktober 2023 was ‘n reuse sukses! Toyota Financial Services, Upington Toyota en die Upington Rotary Club het met trots vanjaar dié geleentheid aangebied.
Dit was so mooi om te sien hoe jonk en oud mekaar ondersteun van ‘Start to Finish.’
Vanjaar was die Upington Off-Road Triathlon weer in volle swang en elke jaar is meer spesiaal as die vorige een.
Hoërskool Upington het 10 spanne ingeskryf onder die skoleafdeling - asook gaps die Uppies die eerste 3 posisies by die prysuitdeling!