deur Constant van der Merwe (NB Uitgewers)
Waaroor gaan dit? Wanneer ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word, sit hy die ontvoerder onmiddellik agterna. Die man en die meisie verdwyn egter die nag in en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. Die kleindorpse polisie is nie hulpvaardig nie en George begin sy eie soektog na die meisie.