deur Francois Loots | Uitgegee deur NB UitgewersDis 1820 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is getroud met regter Johannes Truter. Maar dis Engelse tye en hy word nou as Sir John aangespreek. Sophia het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond overberg anderkant die Kleinrivier - sonder slawe en voormans. Kort ná haar aankoms daag Mandel op, ’n vryloper wat doer ver by Kicherer se sendingstasie Sakrivier gedoop is.
Read more …Nuut op die rak: Twyfelbos













