Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The Sassa grant payments will take place this week. The Older person’s grants will be paid on Tuesday November 5 and the disability grants on Wednesday November 6. The children’s grants will be paid on Thursday November 7. According to Sassa, there is no need to rush to withdraw cash on the first day. Once the money is in the account, it will remain there until needed.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Om die tekens van ‘n beroerte te herken en vinnige mediese aandag te verseker, kan lewensreddend wees en die risiko van langtermyn ongeskiktheid aansienlik verminder.  Ter viering van Wêreldberoertedag op Dinsdag 29 Oktober, doen Ayesha Kriel, hoof van siekte- en medisynebestuur by Afrocentric, een van Suid-Afrika se voorste verskaffers van gesondheidsorgoplossings, ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ingelig te bly oor die simptome van ‘n beroerte en om vinnig op te tree in die gebeurtenis van ‘n noodgeval.

Read more …Beroerte? Ken die tekens en red 'n lewe

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Boekwurms kan solank begin uitsien na die Klerksdorp Boekefees wat die eerste naweek van November gehou word. Klerksdorpers wat die boeke oase by Aardklop gemis het en met verlangende oë na foto’s van die Woordfees op Stellenbosch gekyk het, hoef nie te bekommer nie - heelwat van die skrywers gaan ook die Klerksdorp Boekefees besoek.

Read more …Boekefees bring lesers bymekaar

Vrydag 1 November 12:00 Hoe om ‘n bank te bou 

In TJ Strydom se boek Capitec - Stryd met die grotes vertel topverkoperskrywer die boeiende storie van Capitec, die demokratiese era se grootste sakesuksesverhaal, wat selfs as die beste bank ter wêreld aangewys is. Hoe bou jy ‘n bank van nuuts af? Wat verg dit om die vier gevestigde bankreuse die stryd aan te sê, en dan boonop die loef af te steek? Kom luister na hierdie eg Suid-Afrikaanse verhaal van visie, vernuwing en deursettingsvermoë. Onontbeerlike leesstof vir entrepreneurs. Klerksdorp-sakeman, Ferdie Swanepoel sal met hom in gesprek wees. Gratis bywoning.

More Articles …