Stryd vir liefde
Deur Frenette van Wyk
Uitgegee deur Luca, ‘n druknaam van Lapa Uitgewers (Penguin RH)
Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gereëlde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar. Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ...
Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin.