Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ricus Nel tree op 14 September in die Portugese Saal op en die gaste sal kan dans dat die biesies bewe. Ricus se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ’n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het Ricus Nel in 22 jaar in die bedryf diep in Suid-Afrikaners se harte geklim. Met meer as 150 miljoen strome op alle digitale platvorms en volksbesit treffers soos Boerepompie, Ploeg Jy, Bokkies jag en natuurlik Hardekole wat op meer as 20 miljoen kyke staan op Youtube, die mees gekykste Afrikaanse musiekvideo van alle tye, staan Ricus vir geen uitdaging terug as dit kom by musiek nie.
Visit national parks for mahala
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The 19th annual SA National Parks Week will be held from September 9 to 13 - extended to 14 and 15 at selected national parks. During this period free access is granted to most of the 21 national parks under the management of South African National Parks.
Take note of the fact that free access to national parks at this time does not include free access to accommodation facilities and other tourist activities.
Gaste ontroer en bekoor by damestee
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - NG Welsyn se damestee ter viering van Vroue-dag is op Saterdag 24 Augustus gehou en dit was oudergewoonte ‘n jolige oggend van lekker kuier terwyl die teekoppies klink en die koekborde kreun onder gebak.
Lente gevier by kerkbasaar
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Hervormde Kerk Doringkruin bied ‘n groot lentefees aan by die kerk op Vrydag 30 Augustus en Saterdag 31 Augustus. Die kerk is geleë op die hoek van Boekenhout- en Hibiscusstraat in Doringkruin.
Moet nie Nataniël mis
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Daar is nog ‘n paar sitplekke vir Nataniël se optrede die week in Klerksdorp. KHS bied die vertoning aan op Woensdag 28 Augustus in die Oase Ouditorium. Hy sal die verhoog deel met Charl du Plessis. Die vertoning sal om 19:00 begin en die kaartjies kos R300 elk. Kaartjies is beskikbaar op www.seatme.co.za. Inligting van 018 462 8423.









