Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die polisie waarsku bestuurders van Toyota Hilux-bakkies dat dié voertuig baie gesog is onder motordiewe, veral in Potchefstroom. Kol Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het verlede week bekendgemaak dat altesaam 12 diefstalle van Toyota Hilux-bakkies sowel as twee pogings tot diefstal sedert Februarie 2024 in Potchefstroom aangemeld is.
Eet op safari by Triest
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Triest se jaarlikse wildsfeees vind einde vandeesmaand plaas en die spyskaart laat die mond water en die oë rek. Dié lekkerte vind vanjaar op Vrydag 31 Mei plaas en die kaartjies kos R350 elk (R150 vir kinders tussen ses en tien jaar oud).
Wat kan jy verwag om te eet? Die voorgereg is volstruis nachos en die by-kosse en nagereg is nie buitengewoon nie. Die bykosse is oondgroente, rys en mie-liepap en die nagereg is malvapoeding met vla.
Musikon presents heartstrings
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - April and May have become synonymous with the NW Musikon’s Heartstrings Project - the school’s charity fundraising project. The management firmly believe that music not only sparks joy, but also has the ability to touch hearts and bring about change. As such, the Heartstrings project is one that they are immensely passionate about.
Jo Black in konsert
Jo Black en sy ‘band’ het omtrent lekker musiek gemaak in die Escapadesteater die afgelope naweek. Sy vertoning op Vrydag 10 Mei was uitverkoop en aanhangers wat dit bygewoon het, het dit beskryf as die beste ‘show’ nog ooit. Dansers van Replay Dance Centre het saam met hom opgetree. Foto: MPix Photography.
Skrywers gesels oor boeke
Klerksdorpers het die geleentheid gehad om ‘n boekbekendstelling by Booqshelv by te woon. Skrywers Stefaans Coetzee en Cliffordene Norton het gesels oor hul jongste boeke. Salomé Kotzé, Klerksdorp Rekord se redakteur, het die gesprek gelei. Stefaans was een van die samestellers van die kortverhaalbundel, Sewe keer Sondig en Cliffordene se tweede jeugboek, Ek sal vir jou veg het pas verskyn. Hier gesels die twee met Sandy Schoeman wat die boekbekendstelling bygewoon het.