Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Klerksdorper is ‘n finalis in ‘n nasionale kompetisie vir skrywers.
NB-Uitgewers se drukname Human & Rousseau en Tafelberg het die kortlys vir die 2023 jeugboekpryse op Maandag 25 Maart bekendgemaak. Daar is twee kategorieë: ’n kinderverhaal vir lesers 8 tot 12 jaar oud en ’n tiener- of jongvolwasseneverhaal vir lesers ouer as 13 jaar. Sandy Schoeman, ‘n bekende kunstenaar van Klerksdorp wat verlede jaar haar debuutboek Rooiletterkind gepubliseer het, is saam met twee ander skrywers op die kortlys in die kategorie vir verhale vir jong volwassenes. Sandy met Chakalaka uit ‘n blikkie, Fanie Viljoen met Sny hulle in sterre uit; en Celeste Loriston met Pagama vir die Six.

Read more …Kortlys vir die 2023 jeugboekpryse aangekondig

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Various provinces and the national Department of Transport have launched their policing campaigns for the coming long weekend, looking to clamp down on road abusers over the busy Easter period. Thousands of motorists are expected to take to holiday destinations this weekend as South Africans celebrate religious or leisure time over the Easter weekend. The Department of Transport, headed by Minister Sindisiwe Chikunga, launched its road safety campaign on March 20, aiming to clamp down on abuse on the roads.

Read more …Expect more roadblocks this Easter

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorpers sien uit na Demi-Lee Moore se konsert wat volgende week by die Rio Casino gehou word.
Demi bring haar hele orkes na Klerksdorp vir haar optrede op 5 April. Artistique Productions bied die vertoning in die Escapadesteater aan. Demi-Lee het bekendheid verwerf toe sy “Die Kontrak” op TV gewen het. 
Haar musiek kan as country rock beskryf word. Sy sal klere van Elmarie Jooste, ‘n plaaslike ontwerper, tydens die vertoning dra. Die kaartjies kos R250 elk en is by Bosveld Slaghuis te koop. Kaartjies sal ook by die deur te koop wees. Die vertoning sal om 20:00 begin.
Meer inligting van 083 716 5495.

Klerksdorp Midweek, Wolmaransstad - Die plaaslike hoërskool se bierfees volgende week pas na die skool vir die tweede kwartaal begin het, is net die regte medisyne om te hou tot die winter skoolvakansie.
Die fees vind op 5 April plaas en dit gaan ‘n partytjie soos min wees.
Die kaartjies kos R250 elk en sluit ‘n ete in. Ketelkraal “beer on tap” sal beskikbaar wees en ‘n Duitse oompah-orkes sal die musiek maak. 
Bierbekers en ginglase sal te koop wees. Die fees vind by die plaaslike skouterrein plaas. Meer inligting en besprekings by 073 768 7037. Gou spring, want die kaartjies verkoop soos soetkoek.

More Articles …