Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Waldie Volschenk van Noordwes Koerante se Rustenburgkantoor hier by ‘n reuse-makataan wat die skaal gevaarlik naby aan die 33 kg laat sweet wat spesiaal uit Orkney vir hom aangestuur is met natuurlik ‘n langerige lysie bestellings vir makataan en makataan-fynkonfyt. Dié geskenk kom van Stoffel en Sonja Prinsloo van Orkney wat in Oktober/November verlede jaar Waldie se resep vir makataankonfyt in Noordwes Koerante se AgriPulse in Klerksdorp Rekord opgemerk het en vir hom ‘n handjievol makataanpitte gevra het. Die pitte is ‘n week later na ons Klerksdorpkantoor gestuur waar die Prinsloos dit afgehaal en geplant het net om enkele maande later deur hierdie knewel verras te word. “Ons het nog nooit so ‘n groot makataan gesien nie en het gevoel dat dit die regte ding sou wees om hierdie ou grote vir Waldie in Rustenburg te stuur,’’ het die Prinsloos laat weet. Waldie sê hy gaan nou maar ‘n land suikerriet moet aanplant sodat hy genoeg suiker kan oes om reg aan hierdie knewel te laat geskied.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Natalie Williams, ’n Engelssprekende van Durbanville, is met ’n gelukkige trekking aangewys as die 2024-wenner van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-Sanlamprys van R25 000.
Die trekking is onlangs deur die WAT-direksievoorsitter prof Hester Klopper en dr Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, behartig.

Read more …Wenner van Borg ’n Woord-Sanlamprys aangekondig

KIerksdorp Midweek, Klerksdorp - ’n Groter groep Suid-Afrikaners kwalifiseer nou vir gratis regshulp nadat Regshulp SA sy “middele toets” hersien het. Die toets word gebruik om te bepaal of aansoekers vir regshulp kwalifiseer en is opwaarts hersien om voorsiening te maak vir verhogings in die Verbruikersprysindeks. Dit maak nou toegang tot regsdienste vir ‘n groter groep mense moontlik.

Read more …Kwalifiseer só vir gratis regshulp

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Bloedbank het Menseregtedag gevier met twee groot “bloeie”. Die bloedbank (SANBS) het hande gevat met die Rotariërs en het op Donderdag 21 Maart by Woolworths in die Macrovestsentrum vergader. Op dieselfde dag is by Flamwood Walk geskenk. Dit het in medewerking met Mozambik Klerksdorp plaasgevind en een van die restaurant se personeel is “in hegtenis geneem” en haar skuld is met bloed betaal! Die bloedbank se skenkerskomitee het die dag aangebied. Volgens Lindie Wrensch, namens die skenkerskomitee, was dit ‘n wonderlike dag. “Dis die eerste keer in ‘n lang tyd (voor Covid) dat ons weer mense gehad het wat in rye gestaan het. Ons doelwit vir die dag was 70 en ons het geëindig op 143,” sê sy. Yez Modelle se modelle en Mej Klerksdorp het dit bygewoon. Hulle moes mense bring om te skenk. Die dag is ook deur die motorfietsryers ondersteun.

More Articles …