Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stad se gholfklub spog nou met blinknuwe padelbane. Die bane het op 17 Junie oopgemaak.
Padel, oftewel padel tennis, is soos tennis, maar ook nie. Dit werk met dieselfde punte as tennis, maar die reëls en tegniek verskil. Die bane is net kleiner as ‘n dubbelspeltennisbaan. Die bane het mure en word soos muurbal gespeel waar die balle van die mure kan bons. Petri Coetzee, namens die klub, het aangekondig dat die bane amptelik oop is. “Dit is ‘n wonderlike geleentheid en inisiatief. Daar is heeltyd toesig en dis ‘n baie veilige omgewing. Dis ‘n lekker sport vir die hele gesin,” sê hy.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die skeie gaan weer klap die naweek by die jukskeibane. Die tyd het aangebreek vir Noordwes se jaarlikse Legendedag op Saterdag 6 Julie. Die organiseerders nooi alle ou jukskeispelers uit om die dag te kom geniet, saam met al die nuwe en ou gesigte. Die spanne word aangemoedig om ten minste een legende in die span te hê. Met ‘n A-, B- en C-afdeling gaan daar lekker gespeel word. Skakel Danie Oosthuizen 082 088 1175 en Esmè Viljoen, 084 510 2416.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ryu Kyu GoJu Karate displayed excellent talent at the first ever Martial Arts SA national championship 2024. The club entered only two students, but returned with eight medals.
Also at the event, Sensei Nathen Olivier took part in the Masa National Referee Course & Cutmen Course (first aid for contact sport).

Read more …Medal haul for karate club

More Articles …