Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *


GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: ’n 59-jarige man wat na bewering twee van sy kennisse by sy huis geskiet het, is borgtog van R5 000 deur die Springbok-distrikshof toegestaan.
Jacobus “Japie” Dawid Claassens staan tereg op twee aanklagte van moord ná die voorval wat op 31 Oktober 2023 plaasgevind het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder van die Noord-Kaap, Mojalefa Senokoatsane, het gesê die beskuldigde het homself ná die voorval aan die polisie oorgegee.

Read more …Vioolsdrift boer kry borg

GEMSBOK-KLEINSEE:  Onwettige mynbou word ‘n toe-nemende risiko vir die volhoubaarheid van die mynbedryf in die Namaqua-distrik in die Noord-Kaap.
Die polisie het groot vordering gemaak in die stryd teen onwettige mynwerkers in die Namaqua-distrik, spesifiek in die Kleinsee-omgewing, deur 867 onwettige mynwerkers in hegtenis te neem tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie twee maande gelede.
Om die voortsetting van die bekamping van onwettige mynbedrywighede in die gebied te verseker, het die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt-generaal Koliswa Otola menslike en ander hulpbronne versterk om die herhaling van onwettige mynaktiwiteite in die gebied te voorkom.

Read more …SAPD slaan weer op onwettige myners toe

GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte daarvan dat die Noord-Kaapse departement van korrektiewe dienste twee  weke gelede - hoog en laag beloof het dat hy eers na afloop van sy minimum vonnis uitdienning vir parool oorweeg sou word - is die voormalige Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block die afgelope Vrydag op parool vrygelaat.
“Mnr. Block is op 6 Desember 2016 tot 15 jaar gevonnis vir korrupsie en geldwassery. Die paroolplasingbesluit is geneem deur die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (CSPB) ingevolge artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste,” sê departement Singabakho Nxumalo, woordvoerder.

Read more …Block uit op parool

GEMSBOK-UPINGTON: In die Noord-Kaap was vyf amptenare betrokke by sake van finansiële wangedrag - waar R100 741,54 verlore gegaan het en slegs R1 999,98 teruggekry is
Noxolo Kiviet, minister van staatsdiens en administrasie, het onthul dat R1,5 miljard verloor is - weens finansiële wangedrag wat deur staatsamptenare in nasionale en provinsiale departemente gepleeg is.
In reaksie op navrae oor die dissiplinêre sake waarna verwys word in die verslag deur die Staatsdienskommissie wat onlangs in die Parlement ter tafel gelê is, het Kiviet gesê die Staatsdienskommissie het bevind dat die aantal finansiële wangedragsake soos aangemeld deur nasionale en provinsiale departemente 523 was tydens die 2021-22 finansiële jaar.

Read more …Wangedrag deur staatsamptenare kos R1,5 miljard

GEMSBOK-KAKAMAS: Dit lyk asof die probleme met die waterkwaliteit van die Kai !Garib Munisipaliteit in Kakakams net eenvoudig nie onder beheer kom nie.
 Skaars twee weke gelede het inwoners van die Langverwachtwoongebied op sosiale media gekla - dat hulle kraanwater onbruikbaar is.
Die woordvoerder van die Kai !Garib Munisipaliteit, Mary-Ann Pienaar, het aan die Gemsbok ‘n persverklaring uitgereik - waarin ‘n foutiewe klep in die sisteem as die rede vir die koffie-kleurige, slegte reuk, kraanwater van Langverwacht uitgekryt is.

Read more …Kakamas waterprobleme steeds onopgelos

More Articles …