GEMSBOK-KEIMOES: Na afloop van ‘n brand wat Woensdagaand naby die RK Sending op Keimoes uitgebreek het, het gerugte dat die historiese gebou in puin gelê is, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Die Gemsbok het met Meisie Pool, voorsitter van Afriforum Keimoes, gepraat om vas te stel of daar wel ‘n vuurtjie brand waar die rokie trek.
Pool het aan die Gemsbok vertel, dat die Keimoes Buurtwag Woensdag omstreeks 19:00 ontbied is na ‘n brand wat agter die bekende RC Mission Mill gebou op Keimoes uitgebreek het.
Die dig bebosde area agter die gebou het glo aan die brand geraak en spoedig in ‘n ernstige bedreiging vir die gebou geraak.
Nuwe konstabels trek verdagte met dwelms vas
GEMSBOK-ONSEEPKANS: Vyf nuwe polisiekonstabels het - saam met drie ander Onseepkans SAPD-konstabels - op ‘n vermeende dwelmhandelaar toegeslaan en op dwelms ter waarde van sowat R9300 beslag gelê.
Op 04 Januarie 2024, om 10:00, het Onseepkans SAPD inligting ontvang en ‘n 32-jarige vrou in hegtenis geneem, nadat hulle haar huis in RC Mission, Onseepkans deursoek het.
Dwelmhandel by grens gestuit
GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: Dwelmhandel is kort na nuwejaar ‘n knou op die Namibiese grens toegedien.
Tydens roetine-ondersoeke by die Vioolsdrift-inganghawe op Woensdag, 03 Januarie 2024 om 20:00, het lede ‘n vragmotor deursoek en vullissakke agter op die vragmotor gevind.
Die vullissakke het 21 kg saamgeperste dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R250 000-00 bevat.
‘n 32-jarige Nami-biese burger is gearresteer vir onwettige handel in dwelms. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
SA Raisins sien uit na ‘n belowende rosyne oes
GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrika se landboulandskap is gereed vir 'n normale tot goeie jaar aangesien die nasie 'n belowende rosyntjie-oes in 2024 verwag. Gunstige weer toestande, toegewyde boerderypraktyke en innoverende landboutegnieke is aspekte om die weg te lê vir 'n belowende oes.
Volgens ‘n persverklaring wat teen einde 2023 van SA Raisins ontvang is, was die klimaat gunstig vir die meeste van SA se wingerde, dit sluit in weerpatrone, insluitend goed verspreide reënval en oorgenoeg sonlig, wat bydra tot die ideale klimaat vir druifverbouing.
ZFM Raadslid by Harry Surtie geskors vir diefstal van skoonmaakmiddels
GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Raadslid by ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit en algemene assistent - in diens van Dr Harry Surtie Hospitaal in Upington - is op voorsorg skorsing geplaas, omdat hy daarvan beskuldig word dat hy twee vyfliter bottels Staysoft en ‘n vyfliter bottel Sunlight skottelgoedwasmiddel uit die hospitaal se Tuberkulose-eenheid gesteel het.
Luidens die aanklagte het, Deeyone De Koker, na bewering die departement van gesondheid in oneer gebring en probeer om die departement te bedrieg deur die skoonmaakmiddels - wat aan die staat behoort het - sonder die toestemming van sy toesighouer op 23 Junie te verwyder.