Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-STEINKOPF: Die tragiese verdrinking van twee seuntjies van Steinkopf het die hele gemeenskap in rou gedompel.
Omstandighede rondom die twee se verdrinking is nog duister.
Die twee seuns, wie geïdentifiseer is die sewe-jarige seuntjies Eldré Fortuin en Dylan Britz, is vroeër die dag glo as vermis aangemeld.
Die tweetjies  het vermoedelik in ‘n riooldam op die dorp gaan swem en toe verdrink.

Read more …Seuntjies se waterdood dompel gemeenskap in rou

GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n saak van inbraak en diefstal - na aanleiding van ‘n voorval waar daar by ‘n winkel ingebreek is en selfone ter waarde van R 678 000 uit die winkel verwyder is.
 Lede van die Rhino Security-maatskappy het die polisie in kennis gestel, nadat hulle  Saterdag-oggend omstreeks 04:00 selfone in ‘n sak buite Dunns Store ontdek het.
Dit het gevolg nadat hulle beheerkamer ver-dagte beweging agter die geboue waargeneem het. Rhino se gewapende reaksie span het dadelik gereageer en na ondersoek van die toneel op die fonds afgekom.

Read more …Inbrekers hul buit kwyt na Rhino reageer


GEMSBOK-POSTMASBURG: In ‘n verpletterende voorval vandag het twee mans hulle lewe in Maranteng, Newtown, onder onbekende omstandighede verloor. 
Die Postmasburg SAPD ondersoek ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van twee mans wat na bewering dood in ‘n selfoontoring in Newtown, Postmasburg gevind is, terwyl ‘n derde man in ‘n kritieke toestand in die hospitaal is.
Op Sondag, 21 Januarie 2024 omstreeks 10:00 het gemeen-  skapslede die alarm by die internettoring gehoor en die mans binne  die toring gevind.

Read more …Twee se dood in toring ondersoek

GEMSBOK-KLEINSEE: Die Noord-Kaapse SAPD het die afgelope week op verskeie onwettige myners in die Namakwa-distrik toegeslaan.
Op 2024-01-09 om ongeveer 10:00 het lede van die SAPD se Vala Umgodi-span- saam met ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy - ‘n operasie in die Namaqua-distrik uitgevoer.
Die span het ‘n gebied deursoek - waar daar beweer word dat onwettige mynbou plaasvind.  Vier mans is in myngate gevind en in hegtenis geneem.
Twee ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers van 17 en 39 jaar oud, sowel as twee Suid-Afrikaanse burgers van 29 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van onwettige mynbou.

Read more …SAPD slaan toe op onwettige myners


GEMSBOK-VAN WYKSVLEI: Die polisie in die Noord-Kaap volg steeds ‘n nulverdraagsaamheidsbenadering teenoor dwelmverwante misdade. Drie (3) verdagtes is op Vrydag, 12 Januarie 2024 op verskillende plekke in die Noord-Kaap gearresteer.
Die polisie in Van Wyksvlei, het inligting van die publiek ontvang dat dwelms vanaf ‘n naburige dorp vervoer word.
Die polisie het die inligting geoperasionaliseer deur die geïdentifiseerde voertuig wat opgemerk is op pad na die dorp te monitor.

Read more …Dwelmsmouse vasgetrek

More Articles …