GEMSBOK-KLEINZEE: Onwettige mynbou en gepaardgaande kriminele aktiwiteite is ‘n knou toegedien in die Bontekooi- informele nedersetting in Kleinzee, toe Operasie Vala Umgodi-spanne op Saterdag, 06 April 2024 onwettige aktiwiteite ontwrig het.
Die intelligensie-gedrewe operasie deur lede het gelei tot die arrestasie van ses (6) ongedokumenteerde Zimbabwiese mans tussen die ouderdomme 23 en 45 jaar oud.
Hy het ook beslag gelê op gereedskap wat vermoedelik in onwettige mynaktiwiteite gebruik word.
Dwelm- en koperhandelaars loop hulle vas
GEMSBOK-KATHU: In twee onderskeidelike voorvalle het die polisie op Kathu die handel in dwelms en vermoedelik gesteelde koper behoorlik gekniehalter.
‘n 29-jarige Nigeriese burger is Dinsdag vir dwelmhandel in hegtenis geneem, nadat die polisie op ‘n huis in Kathu toegeslaan het en heelwat tik en mandrax ontdek het.
Die Kathu sapd se misdaadvoorkomingseenheid het - met die bystand van die Kuruman K9 en misdaadintelligensie-eenhede - Dinsdag omstreeks 12:00 ‘n vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem.
Tromp-op botsing eis vyf
GEMSBOK-UPINGTON: Die Keimoes SAPD ondersoek ‘n saak van strafbare manslag, nadat ‘n trompop botsing tussen twee voertuie plaasgevind, die dood van vyf mans veroorsaak het.
Op Saterdag, 30 Maart 2024 omstreeks 17:45 het die botsing met ‘n VW Tiguan en VW Polo op die N14 Hoofweg naby Keimoes plaasgevind.
Die VW Tiguan het vier Suid-Koreaanse manlike passasiers gehad en was van Kakamas na Upington op pad.
Een insittende is op die toneel dood, terwyl die ander drie mans hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling.
Al vier manlike insittendes wat in die VW Polo reis, wat Kakamas-inwoners is, is ongelukkig op die toneel dood.
Die polisieondersoek duur voort.
462 oor Paasnaweek gearresteer
GEMSBOK-UPINGTON: Die verskerpte polisie-operasies van die afgelope Paasnaweek, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 462 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Altesaam 18 215 polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voer-tuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoe-kings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelms en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
Voertuigkontrolepunte en talle padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 4 331 voertuie en 9 911 persone voorgekeer en deursoek is.
LUR versoek dringende oprede om !Kheis situasie te beredder
GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, Bentley Vass, het gewaarsku dat dringende stappe geneem moet word om die ontbinding van !Kheis Plaaslike Munisipaliteit te voorkom.
Die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) in die Noord-Kaap het verlede maand gevra dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word aangesien salarisse sedert Desember nie betaal is nie.
Die hoof van kommunikasie by Coghsta, Tebogo Monyo, het gesê die munisipaliteit het ernstige finansiële uitdagings ervaar asook arbeidsgeskille en pensioen- en derdeparty-betalings wat agterstallig was.








