GEMSBOK-KAKAMAS: ‘n Foutiewe klep in die sisteem, geen chemikalië en ‘n gebrek aan kommunikasie het daartoe gelei dat die inwoners van Langverwacht by Kakamas die afgelope tyd nie hulle water kon drink nie.
Nadat inwoners van die woongebied op sosiale media gekla het - dat hulle kraanwater onbruikbaar is, het die woordvoerder van die Kai !Garib Munisipaliteit, Mary-Ann Pienaar, aan die Gemsbok ‘n persverklaring uitgereik - waarin ‘n foutiwe klep in die sisteem as die rede vir die koffie-kleurige, slegte reuk, kraanwater van Langverwacht uitgekryt is.
Deurbraak na Deben inbraak
GEMSBOK-DEBEN: Op Vrydag, 13 Oktober 2023 om ongeveer 09:00, het waaksame polisielede van Deben SAPD, Kuruman LCRC en Kathu SAPD se misdaadvoorkomingseenheid na ‘n huisbraakklag aandag gegee toe hulle ‘n voertuig gewaar wat verdag lyk en een verdagte in hegtenis geneem is.
Die span het daarin geslaag om al die ge-steelde goedere terug te kry.
Jongman gevonnis vir die moord op sy pa se meisie
GEMSBOK-PRIESKA: ’n Jongman sal agt jaar tronkstraf uitdien, omdat hy sy pa se meisie - op hul plaas in Prieska verwurg en doodgeskiet het.
Die hooggeregshof in Kimberley het Frans Cornelius Vermeulen (25) tot 12 jaar gevonnis en skuldig bevind vir die moord op Sharifa Brown (27), waarvoor vier jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Hond wys waar Dawid die onwettige plante geplant het
GEMSBOK-SPRINGBOK: Delta, die SAPD se plantopsporingshond, het die afgelope naweek aan onwettige plant handelaars gewys waar Dawid die wortels geplant het.
Delta wat opgelei is om vetplante op te spoor, het die kwaliteit van sy opleiding tydens ‘n polisie-optrede in Springbok vertoon, waar twee mans gearresteer is vir die onwettige besit van 1760 bedreigde plante.
Buitelanders wou SAPD-lede laat vermoor
GEMSBOK-UPINGTON: Upington: sewe verdagtes moet in die hof verskyn vir sameswering om moord te pleeg.
’n Geheime operasie is gedurende die ure van Sondagoggend, 15 Oktober 2023, deur lede van Upington-grenspolisie bygestaan deur die Noord-Kaapse taktiese reaksiespan (TRT) uitgevoer - dit het gelei tot die arrestasie van sewe Nigeriese burgers vir sameswering om moord te pleeg.
Daar word beweer dat die verdagtes saamgesweer het om sekere polisiebeamptes in Upington te vermoor aangesien hulle ‘n bedreiging vir hul dwelmhandelonderneming ingehou het.