GEMSBOK-UPINGTON: Nadat hy verlede naweek ‘n sosialemedia-plasing oor die verval van die Sakkie se Arkie terrein gemaak het - het Igshaan Sulliman, ‘n amptenaar van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, nie net kennis ontvang dat hy geskors kan word of nie langer die munisipale kantore mag betree nie - maar hy het dit op homself geneem om dienslewerings te korte van die munisipaliteit nou onder die vergrootglas te bring.
Duo met meer as R5 miljoen se dagga gearresteer
GEMSBOK-UPINGTON: Twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn nadat hulle in besit van dagga ter waarde van meer as R5 miljoen in die Noord-Kaap gevind is.
Die polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 44 jaar oud, is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
Die twee is deur lede van die Upington-grenspolisie in hegtenis geneem en word van handel in dagga aangekla.
“Die twee is sowat 20 km buite Upington onderskep na aanleiding van inligting wat ontvang is oor ‘n voertuig wat glo dagga na Upington vervoer het.
Finansiële hoof geskors na SAPD geld in kar vind
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke het sy finansiële hoof (HFB), Bradley Slingers, op voorsorgmaatreël skorsing geplaas hangende ’n ondersoek.
Dit volg op die beslaglegging deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van meer as R600 000 kontant, uit die finansiële hoof se voertuig, tydens ‘n padblokkade verlede week.
Slingers het gedurende kantoorure ‘n voertuig bestuur waarin die geld was
Produkte van rakke verwyder
GEMSBOK-UPINGTON: Die samewerkingspogings deur lede van Upington Grenspolisie in samewerking met Departement van Gesondheid en Paballelo SAPD het daartoe gelei dat voedselitems op Maandag, 13 November 2023 tydens ‘n inspeksie by ‘n groothandel in Upington weggedoen is.
Die fokus was op vervalste en verouderde voedselprodukte wat gesondheidsgevare vir verbruikers kan inhou.
Vioolsdrift boer kry borg
GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: ’n 59-jarige man wat na bewering twee van sy kennisse by sy huis geskiet het, is borgtog van R5 000 deur die Springbok-distrikshof toegestaan.
Jacobus “Japie” Dawid Claassens staan tereg op twee aanklagte van moord ná die voorval wat op 31 Oktober 2023 plaasgevind het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder van die Noord-Kaap, Mojalefa Senokoatsane, het gesê die beskuldigde het homself ná die voorval aan die polisie oorgegee.








