GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit sê hy het alle fokus na grootmaatwateropgraderings verskuif om watersekerheid te verseker - aangesien die hele SA tans ‘n toename in watertoe-voeronderbrekings en -tekorte ervaar.
Daar is talle deurlopende projekte. Vir die 2022-2023 finansiële jaar is Kalksloot/Klippunt,voorsiening, Swartkopdam &Leseding Water Treatment Works opgegradeer na die waarde van R5.5 miljoen.
Lambrechtsdrift en Leerkranz Waterbehandelingswerke, insluitend Upington Sentrale Reservoir, sal vir die bedrag van R6,75 miljoen gedurende die 2023-2024 finansiële jaar opgeknap word.
Vliegtuigkaping by Upington Lughawe?
GEMSBOK-UPINGTON: Verlede Donderdag het die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) ‘n volskaalse noodoefening by die lughawe gehou.
‘n Moontlike kaping is by die Upington Internasionale Lughawe nageboots.
Verskeie rolspelers het aan die oefening deelgeneem.
Dit het as volg afgespeel:
ACSA kan bevestig dat die moontlike kaping van 'n Airlink-vliegtuig op 'n inkomende vlug vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe (CTIA) Donderdagoggend by die Upington-lughawe aangemeld is. 'n Kennisgewing aan Vliegtuie (NOTAM) is kort daarna deur Lugverkeernavigasiedienste (ATNS) om 09:44 uitgereik.
Man wat bejaarde oorval en beroof, vasgetrek
MARYDALE: ‘n Mensjagtog in Marydale het die arrestasie van ‘n huisroofverdagte en die terugwinning van gesteelde goedere verseker.
Op Saterdag, 14 Oktober 2023 omstreeks 17:30 het die 18-jarige verdagte die plaashuis naby Marydale binnegegaan - onder die voorwendsel om water van die bejaarde vroulike plaaseienaar te vra. Die verdagte het na bewering die 66-jarige slagoffer oorval en ernstig aangerand en in die gesig en kop gesteek.
Die verdagte het met twee selfone, voertuigsleutels, verkykers, alkohol en ‘n koelboks gevlug.
Man gevonnis na hy seun se keel afsny
UPINGTON: Die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die lewenslange tronkstraf wat Gladwin Steenkamp opgelê is - vir die moord op ‘n 8-jarige seun op 30 November 2022 in Kenhardt, verwelkom. Die beskuldigde is op 13 Oktober 2023 in die hooggeregshof in Upington gevonnis.
Die veroordeelde moordenaar het op 29 November 2022 sy meisie aangerand en nadat sy en haar ma die volgende dag ‘n saak van aanranding by die polisiestasie gaan registreer het, het die beskuldigde na die huis van sy meisie gegaan en haar agtjarige broer gevat en vermoor - deur die seun se keel grusaam te sny.