Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Skrywers en lesers het die afgelope naweek kopstukke gesels by die Klerksdorp Boekefees.
Dit is nie aldag dat Marita van der Vyver ‘n besoek in Klerksdorp aflê nie. Deesdae is haar huis in Frankryk, maar sy maak tyd om ten minste drie maande ‘n jaar in Suid-Afrika te kom kuier. Hierdie jaar het die kuier met die bekendstelling van haar boek Laaste Kans saamgeval en het sy regoor die land gereis om haar lesers te ontmoet.
Nog skrywers soos Dana Snyman, Madelein Rust, Julio Agrella, Stefaans Coetzee, en Susan Cilliers het saamgekuier en lesers het veral die geleentheid geniet om Vrydagaand 3 November na Dana te kom luister by die afskopbraai. Dit was gesellig met braaivleisvure wat geknetter het terwyl die resensent Francois Bekker vir Dana gepols het oor sy nuwe boek en sy reise deur die land.
Hy het natuurlik ook oor die Springbokke se oorwinning in die wêreldbeker gepraat en kliphard gewonder hoe inwoners van Orania van Siya Kolisi sou praat. “Mag hulle ooit sê as hulle van hom hou of gaan hul bure hul snaaks aankyk,’’ het hy onder ‘n gelag gesê.
Divas take over the city
The Brian Kenneth School of Performing Arts and Brace Dance Company took to stage with their Diva Show on November 3 and 4. They performed to a sold-out audience in the new Steadfast LIFE Church which recently opened its doors in La Hoff. Audiences were captivated by a high energy show with hits from Cher, Whitney Houston and Shania Twain.
.
Kom proe, kuier by kosmark
Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die kabaretkunstenaar en sanger Helena Hettema tree die laaste Sondag in November op by die Rooy Kosmark in Potchefstroom.
Die gewilde kosmark in die Van Rooyensaal spog met heerlike kosstalletjies vir die fynproewer. Tuisgemaakte produkte, selfgemaakte kaas, produkte en tuisgebak word verkoop. Daar is gewoonlik ook snuffelstalletjies met tweedehandse produkte.
Sondag 26 November se kosmark sal ‘n Kersfees-tema hê en elke uitstaller se stalletjie sal ‘n Kersfees element bevat. Toegang is gratis.
Helena sing in Afrikaans, Frans, Nederlands, Flaams en Italiaans. Tye van haar optredes is om 10:45 - 11:25, 12:20 -13:00 en 13:40 - 14:00. Die mark duur van 10:00 tot 15:00.
Sien jou by die Klerksdorp Boekefees
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Wanneer die Jakarandas se pers koppe oor Klerksdorp troon en die sonbesies skree, kondig dit nie net die somer aan nie, maar ook die tyd vir die jaarlikse boekefees in die stad.
Vanjaar kuier die skrywers by Verdant Tuinsentrum in Ianstraat met heerlike kuierplek onder die koeltebome, ‘n uithaler spyskaart met lekker kos en ‘n gesellige atmosfeer. Die fees skop op ‘n hoë noot af op Vrydagaand 3 November met Dana Snyman wat van sy reisstories met Klerksdorpers kom deel. Die gewilde joernalis en skrywer se jongste boek Die binneland In het pas verskyn en getrou aan sy aard sal hy stories vertel oor Suid-Afrika en sy mense soos net hy kan.
Geskiedenis kry lewe by museum
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stad se museum bied gereelde gesprekke aan oor insiggewende onderwerpe en die wat dit bywoon, loop meer ingelig daaruit.
Die diskoers die afgelope naweek (28 Oktober) het gehandel oor Afrikaner-leiers en hul Nazi-bande.
Ja, jy het reg gelees. Afrikaner-leiers het sterk bande met die Nazis gehad en Suid-Afrika het ‘n Nazi party voor die Tweede Wêreldoorlog gehad. HF Verwoerd was glo lid van die Nazi Party op universiteit.