Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – COLIGNY - Oud lede van Coligny Kommando het agtien jaar na die statutêre sluiting van die kommandos ‘n kommando -gedenkmuur opgerig op die terrein van die NG Kerk in Coligny.
Die onthulling het plaasgevind op 17 Oktober en is bygewoon deur net meer as 100 gaste. Die 50 oudlede en hulle gesinne het lang afstande afgelê om teenwoordig te wees. Daar was oudlede van Delmas, Middelburg, Brits, Pretoria en Potchefstroom.

Read more …Kommando-gedenkmuur opgerig

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Met die aanvang van seisoen ses van die realiteitsprogram, Ster Status loop Noordwester die pad saam met Marizaan Henning. Marizaan, wat getroud is met Johan, het twee woelwaters wat nou al uitstaan soos hulle ma. 
As sy iets wil bereik, doen sy alles wat sy kan om by haar doel uit te kom. Sy is baie musikaal en gee musiekklasse vir kinders in verskeie instrumente wat sy self bespeel. Haar liefde vir musiek dra sy ook oor na die kinders. 

Read more …Sterstatus-toekenning vir Marizaan

NOORDWESTER – LICHTENBURG – SAVF is op 19 Oktober 1904 gestig aan huis van Annie Botha, eggenote van Generaal Louis Botha. Die inisiatief vir die stigting het gekom van Georgiana Solomon, ‘n Skotse vrou.  
Dit was ‘n uitvloeisel uit ‘n groep vroue se besorgdheid oor die na-oorlogse nood. 
In 1926 is die eerste werkster vir geestelike en maatskaplike sorg in Lichtenburg aangestel vir die mense by die delwerye.

Read more …SAVF is 120 jaar oud

Sondag, 20 Oktober is julle dag. Oktobermaand is spesiaal bewusmakingmaand vir almal wat met Downsindroom saamleef.  By Emrike Akademie, ons eie plaaslike akademie vir kinders met spesiale behoeftes, is Sondag baie spesiaal. Downsindroom is ʼn lewenslange toestand en dit kan nie verander word nie. Ouers en spesiale skole kan kinders met Downsindroom egter met spraak-, arbeids- en fisioterapie help om hul fisiese en intellektuele vermoëns te verbeter.

Read more …Downsindroomdag komende Sondag

NOORDWESTER - MAYNYANE - The Central Region Retired Police Forum recently showed that they care about the elderly in society. 
Old age is a crucial phase in life. Elderly people need special care and attention to lead a healthy life, free of worries and anxiety. Some people think seniors all reach a stage where they can’t walk without help, are not be able to drive, cook meals, or get out of bed. 

Read more …The eldery is important

More Articles …