Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Engele het nie net vlerke nie, hulle bly tussen ons. Hailey van den Heever gee om vir die kinders van Dawkinsville. Sy hou in Desember ‘n Kerspartytjie vir sowat 120 kinders in ‘n parkie in die woonbuurt. Dit is slegs vir kinders jonger as 13 jaar oud. Volgens haar maak die mense van die buurt die terrein skoon en kry dit reg om die dag vir hul kinders spesiaal te kan maak.
Gewilde skrywers kuier in Klerksdorp
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Omkring solank die datum vir die Klerksdorp Boekefees wat op 3 en 4 November gehou word.
Fees met gees
Die Klerksdorp 7’s Festival het die afgelope naweek plaasgevind en die terrein van KHS het behoorlik gekook met 56 rugbyspanne, meer as veertig netbalspanne, hokkiespanne asook ‘n vermaakprogram wat tot laatnag aangegaan het. Volgens Raymond Vermeulen, organiseerder, was dit weereens ‘n reusesukses.
Vryskutskrywer vereer vir werk in Afrikaans
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Vryskutskrywer en taalpraktisyn van Klerksdorp is met die Orde van die Beiteltjie vereer. Leoni Benghiat het die toekenning vandeesweek in Klerksdorp ontvang vir haar bevordering van Afrikaans. Die toekenning is in 2015 vir die eerste keer toegeken deur Cordis Trust, ‘n organisasie sonder winsbejag. Dié trust is in 2000 gestig en gefinansier deur dr Fanie Marais as ‘n gedenktrust vir sy dogter, Mardene wat in 1989 op 21-jarige ouderdom oorlede is.