Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - It is Heritage Month and we are looking back through the archives at the nearly 187 years of existence of Klerksdorp.
Late in 1837, a group of 12 Voortrekker families, having agreed to assist Hendrik Grobler (a pioneer farmer who, by then, has been farming for a few years on his farm Elendsheuwel next to the Skoonspruit) to build a weir in the Spruit, each received a plot of land from Grobler.
Dis heerlike lente
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Pick n Pay stalletjiemark se lentemark die afgelope naweek was ‘n groot sukses. Sowat vyftig uitstallers het kom uitstal op Saterdag 31 Augustus en die gemeenskap van Klerksdorp het die mark baie goed ondersteun. Daar is gesmul aan heerlike kos soos spiraal aartappels, kerrie-en-rys, pannekoek, jaffels, sosaties, lewerkoekies, “corndogs”, potbrood en worsbroodjies. Die Mej Lente Junior-kompetisie het plaasgevind met 23 deelnemers. Die Mej Sonstraaltjie-kompetisie vir vier tot vyfjariges was ‘n hoogtepunt. Mej Junior Sonstraaltjie is Mia-Leigh Brits. Curro se marimba-orkes en Laerskool La Hoff se koor is goed ontvang en die markgangers het hulle toegejuig. Die volgende mark vind op 28 September plaas. Dit is dan die mark se derde verjaardag. Skakel Tinus by 083 294 8077 vir navrae en stalletjiebesprekings.
Boeke-oase terug by Aardklop
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - ’n Afrikaanse kunstefees sonder boeke en skrywers is soos ’n braaibroodjie sonder botter: steeds eetbaar, maar dis net nie heeltemal so lekker nie. Die goeie nuus is dat die ATKV-Boeke-oase weer vanjaar by Aardklop is. Hier kan leesgieriges en belangstellendes elke dag kom luister na gesprekke met skrywers en kundiges - en dis alles gratis!
Daar is altesame 24 boekgesprekke versprei oor die vyf dae van die fees, en alles van krimi’s tot romanse, van fiksie tot waarheid, van hartseer tot vreugde en meer word bespreek. Vir jonger lesers is daar ook ’n gesprek oor jongmensliteratuur (young adult literature) in Afrikaans.
Maak jy kaste leeg?
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Feed a Child het jou goed nodig.
Die liefdadigheidswinkel is geleë by Winkel 3, Central 66-
winkelsentrum, Centrallaan 66, Flamwood. Hulle benodig klere, meubels, elektriese items, speelgoed, legkaarte, speletjies, ornamente, linne, gereedskap, kombuis-ware, boeke en enigiets bruikbaar!
Laai af by die winkel of skakel 068 610 8560 vir inligting.
Lentemark in groen en goud
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kom groet die lente op Saterdag 31 Augustus by die Lentemark wat by Pick n Pay Hyper Wilkoppies gehou word. Besoekers word aangemoedig om hul Springboktruie ter ondersteuning van die Springbokke te dra vir ‘n foto wat om 12:00 geneem sal word. Die ander hoogtepunt van die mark is die Mej Lente Junior-kompetisie. Die afdelings is Mej Sonstraaltjie (4 tot 5 jaar), Mej Roosknoppie (6 tot 7 jaar) en Mej Lentebloeisel (8 tot 10 jaar)









