Klerksdorp Record, Klerksdorp - Legal Aid SA’s Free State/NW Provincial Office awarded their best performing employees at the 19th Annual Achiever Awards.
The event was hosted at the Klerksdorp Protea Hotel and online on Thursday November 16. The Head of the Legal Aid SA Klerksdorp Local Office, Dr Melinda de Kock, was named Manager of the Year and Pietman Myburg from the Legal Aid SA Klerksdorp Local Office as the Lawyer of the Year: Civil. De Kock was described as a very strong and resilient woman who is committed to ensuring the mandate of Legal Aid SA is achieved. She has just been awarded her Doctorate degree in Mercantile Law.
Marina groet Sanpark na 36 jaar
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Marina de Lange was die vriendelike persoon wat familielede ontmoet het wanneer hulle die groot stap geneem het om hul geliefde te laat opneem by die Sanpark rehabilitasiesentrum.
Sy het verlede week afgetree en vertel 36 jaar is in ‘n oogwink verby. Sy was dertig jaar oud toe sy daar begin werk het. “Dit was net die wil van die Here wat my na Sanpark geneem het.’’
As student wou Marina met kinders werk en het plekke vir haar praktiese werk as student altyd so gekies. Sy het na haar studies by die kinderhuis begin werk en moederskap en verdere studies het haar besig gehou. “Ek moes toe ook ‘n module doen oor verslawing en prakties doen. So land ek toe by Sanpark as nagraadse student en het nooit weer weggegaan nie. ‘n Nuwe lewe vir mense wat so verstrik raak in verslawing het baie gou my passie geword,” vertel sy.
Help Chanelle met ’n nuwe rystoel
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners het Chanelle Greenan al by van die stad se verkeersligte naby die landdroshof in die middestad gesien waar sy in haar rystoel sit en vra vir donasies.
Dié 23-jarige is so swak dat haar man haar moet ronddra, optel en versorg.
Sy en Johan het Klerksdorp Rekord besoek in die hoop dat iemand haar kan help om ‘n elektroniese rystoel te kry. Hy doen al die praatwerk en sy het in die motor gesit en net gegroet. “Die staat gee nie sulke duur toerusting nie. Ek weet van ‘n gebruikte een wat by ‘n pandjieswinkel staan, maar hy kos R12 000. Ek het die eienaar gevra of hy hom sal skenk, maar hy wil nie. Ek weet nie hoeveel kos ‘n nuwe een nie,” het Johan gesê.
Top award for local journalist
Klerksdorp Record, Mahikeng - Former Klerksdorp Record reporter Mohanoe Khiba won the NW Sports Department’s award of Journalist of the Year.
On Saturday November 18, the Mmabatho Converntion Centre was packed when the NW Sport Awards were announced.
Khiba who now reports for Daily Sun and contributes on and off for Lentswe and Klerksdorp Record on a freelance basis says he was overwhelmed when his name was announced as winner in the category Journalist of the Year (Print). “It is tough reporting on sport and I really make sure that I work extremely hard to find the most recent sports stories in the province and of course, it is my passion, I am committed to do so.”
Leshané se sprokiesrok is naaswenner
Leshané Chatwind is met haar pragtige matriekafskeidsrok ontwerp deur Jose de Canha Couture die naaswenner in die Sondagkoerant Rapport se matriekafskeid-kompetisie. Sy het haar matriekafskeid rok vergelyk met die sprokie van Aspoestertjie en het gesê haar rok is presies waarvan sy as jong dogtertjie gedroom het. “Ek het gevoel soos Aspoestertjie wat in ‘n glansprinses verander het.’’ Leshané is dankbaar vir al die Klerksdorpers wat vir haar gestem het en die komplimente vir haar rok. Sy het kontant, data en lugtyd gewen. ‘n Potchefstromer, Malincke Botha het die kompetisie gewen met ‘n rok ontwerp deur Esje’s Design in Potchefstroom. Albei ontwerpers is oudstudente van North West School of Design in Klerksdorp.
Foto: Salomé Kotzé.