Bikers Care NW dink aan sy medemens gedurende die Paastyd en het uitgereik na diegene wat by verkeersligte staan. Dié groep het verlede week Paaseiers uitgedeel. Hulle het ook hospitale, ouetehuise en onder meer Uitkomsdal besoek en mense verras met Paaseiers. Hulle het sowat 4000 Paaseiers by die verkeersligte in Klerksdorp en Potch uitgedeel. Bikers Care NW is deel van die Bikers Ministry Kosh. Hier kry die inwoners van Uitkomsdal Paaseiers.













