Klerksdorp Rekord, Orkney - Chris Grobler is ‘n 11-jarige kankerlyer en sy mediese kostes is hemelhoog. Hy moet gereeld bloedtoetse ondergaan, wat elke keer tot R10 000 kos.
‘n Gholfdag vind op 28 Junie by die Orkney Gholfklub plaas en al die geld wat ingesamel word, sal vir die laerskoolseun se mediese onkostes gebruik word.