Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Eindelik is die wagtyd verby.
Die organiseerders vra almal wat gehekel en gebrei het, om Vrydagmiddag, 24 November 2023 om 15:00 (drie uur) by die Klipkerk te wees vir ‘n foto.

Die Blokkieboom is op die terrein van die Klipkerk en staan 12meter hoog. 
Daar is veel meer as 10 000 blokkies. ‘n Nuwe rekord! Dit was ‘n massiewe projek van Mevrou Lichtenburg Elegant Organisasie wat groot lof verdien. Dankie aan elke vrou wat gehelp het om van die projek so groot sukses te maak.

Read more …Blokkieboom van liefde

NOORDWESTER – BOIKUTSO – Lichtenburg SAPD vat hande op Woensdag, 15 November met die Departement van Gesondheid en Immigrasiekantoor en vaar Boikutso in.
Die doel was om alle klein besighede te besoek, veral diegene wat voedselprodukte verkoop. 

Kol Willem Bekeer, Lichten-burg stasiebevelvoerder sê 17 winkels is besoek. Twee van dié is gesluit.

Read more …Besighede in Boikutso word vasgevat

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer bevestig dat vyf mans tussen die ouderdom van 18 en 31 inhegtenis geneem is vir die brandstigting by Lichtenburg Stadsaal op Dinsdag,  
7 November. Ongeveer 16:00 is daar opgemerk rook borrel uit die gebou. Die Polisie het onmiddellik reageer en die eerste drie verdagtes gearresteer.

Read more …Vyf vas na brandstigting

NOORDWESTER - MAREETSANE – Mareetsane VLU hou hul jaarlikse kinderspeeldag.  Die nuwe speelparkie word geopen deur Agri Mareetsane voorsitter, Wickus Dreyer en Elize Schutte - VLU Sonneblomstreek voorsitter.
Die speelparkie is ‘n jaarprojek van die Mareetsane VLU en is moontlik gemaak deur verskeie skenkings van lede van die gemeenskap. 
Die tema van herwinbare materiale word verder deurgevoer deur die kinders self. Hul het houtvorms versier met plastiek proppies en sonvangers met ou CD›s, plastiek en krale gemaak.

Read more …Kinderdag – heeltyd speeltyd

More Articles …