NOORDWESTER – COLIGNY - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie is ernstig bekommerd oor ‘n groep betogers wat na bewering die R503 (Lichtenburg) en R503 (Hartbeesfontein) kruisings en N14-pad by Coligny na Lichtenburg versper het.
Die betogings was na aanleiding van ‘n tekort aan water in hul gebied vir die afgelope ses weke. Bogenoemde kruisings is met vragmotors en trekkers versper.
Rampspoedige feestyd vir inwoners
NOORDWESTER – LICHTENBURG/COLIGNY/TLABOLOGANG – Ditsobotla Munisipaliteit het duisende inwoners oor die feestyd in die donker gelaat. Honger. Dors. Nat. Geldloos. Verotte kos. In sak en as.
Inwoners van die Ditsobotla-munisipaliteit se geduld met swak dienslewering, onder meer watervoorsiening wat ses weke gelede as gevolg van gebrekkige onderhoud aan infrastruktuur en pompe stopgesit is, het nou ook opgedroog in Coligny. Daar was ook geen elektrisiteit vir weke aaneen in Lichtenburg nie – tesame met die waterkrisis. Basiese dienste het lankal verdwyn.
20 jaar by Coligny Biblioteek
NOORDWESTER – COLIGNY – Voordat sy by die biblioteek uitgekom het was sy onder andere sowat drie jaar redakteur by die Noordwester.
Henriët van Loggerenberg is sinoniem met Coligny Biblioteek. Sy het egter baie meer gedoen as om net die biblioteek te bestuur. In die 20 jaar wat sy daar werksaam was het sy die beide die Biblioteek en Noordwes-provinsie verteenwoordig.
Kinders veilig tuis
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Baie kinders kan hulself hierdie tyd van die jaar alleen tuis bevind aangesien skole gesluit is en ma en pa nog werk.
Enige kind in hierdie situasie kan ook met inbrekers of vreemdelinge by die hek gekonfronteer word. Ouers moet alle voorsorgmaatreëls tref om die veiligheid van hul kinders hierdie feesseisoen te verseker.
Afgesien van ‘n kriminele element, is daar ander gevare wat rondom die huis skuil, soos ‘n brand wat uitbreek of ‘n mediese noodgeval.
Goeie vette in jou dieet
NOORDWESTER - LICHTENBURG - Vet is ‘n drieletterwoord wat deel moet wees van jou dieet.
1. Elke sel in jou liggaam het vetsure nodig waarvan die poli-onversadigde omega 3 (en omega 6) voorbeelde is. Dit is veral voordelig vir die oë en brein, maar dit is ook belangrik vir jou spiere, jou immuunstelsel, spysvertering en vrugbaarheid.