Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die NWK Retail Expo24 het verlede Vrydag en Saterdag mense laat glimlag.  
Theo Nel, senior klerk sê: “Dit was stiller as wat verwag is, maar deurgans was daar ‘n ontspannne en rustige atmosfeer.” Daar was ‘n verskeidenheid van uitstallers en dié met wie Noordwester gepraat het was, tevrede of sommer báie tevrede met hul verkope. Die twee kruiwaresies het vir lekker lag gesorg en die wenners is weg met hulle kruiwaens. Siende dat dit só warm was het die koue drinkgoed heelwat aftrek gekry. ‘n Groot aantrekking was die “prik ‘n ballon” wat in die Handelstak was.

Read more …Expo24 laat gemeenskap glimlag

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-buurtwagte in Stellaland en Marico het onlangs veiligheidspatrollies in verskeie dorpe gehou. 
Dorpe se buurtwagte wat deelgeneem het was Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei, Vryburg, Wolmaransstad Hartbeespoort, Koster, Coligny, Brits, Rustenburg, Mooinooi, Zeerust, Lichtenburg en Ventersdorp - wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies dié massapatrollies in Oktober in hul onderskeie gebiede uitgevoer het om polisiëringsigbaarheid te skep. 

Read more …AfriForum buurtwagte hou nasionale massapatrollies

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Elke week is daar veediefstalle, maar boere meld dit nie meer aan nie. Honderde beeste is die afgelope maande gesteel. 
Potchefstroom Intelligensie-eenheid het deurbrake begin maak waar dit aan die lig gekom het dat voertuie, mense en instellings vleis verkoop wat vemoedelik op onwettige wyse bekom is. Boere het ‘n deurslaggewende rol gespeel toe vermeende veediewe uiteindelik vasgetrek is. Die moontlikheid dat hulle ‘n deel is van ‘n groter sindikaat, is nie uitgesluit nie.

Read more …Veediewe kos boere derduisende rande

NOORDWESTER - WOLMARANSSTAD - A male (20) was expected to appear in the Wolmaransstad Magistrates’ Court on Monday, 28 October, for robbery (aggravating).  
The suspect’s court appearance follows his apprehension on Saturday, 26 October, by members of the Provincial Anti-Gang Unit. It is alleged that the suspect and two other males armed with pangas, went to a supermarket construction site on Sunday, 6 October, in Wolmaransstad. The trio allegedly intimidated and demanded money from the employees.

Read more …Alleged gangster arrested

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Alle verbruikers met munisipale voorafbetaalde (prepaid) meters word in kennis gestel van die verpligte “recode” van meters deur ‘n proses genaamd TID (Token Identifier). 
Die STS (Standard Transfer Specification) gebaseerde voorafbetaalmeters sal op 24 November nie meer elektrisiteit kan inpons nie. Dit beteken dat sodra die voorafbetaalde meters se bestaande krediete uitgeput is, verbruikers nie meer elektrisiteit sal kan opsit nie. 

Read more …“Recode” jou voorafbetaalde elektrisiteitsmeter

More Articles …