Klerksdorp Rekord, Orkney - Drie mans wat van poging tot moord aangekla word na ‘n messtekery by ‘n uitspanoord kort voor Kersfees verlede jaar, is op borgtog vrygelaat.
Die landdroshof op Orkney het die saak na 24 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hanyane Ronauld Mei (47), Danile Nxamakele (35), en Pitso Radebe (47) was sedert 24 Desember in aanhouding. Hulle het hulself aan die polisie oorhandig nadat ‘n selfoonvideo van die messteek voorval wat op 16 Desember by Hanscombe Haven gebeur het, wyd op sosiale media versprei is.