Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Eloff is bekend vir sy weergawe van Anneli van Rooyen se “Neem my op vlerke”.
Hy het die liedjie ritme gegee en mense dans omtrent lekker op die liedjie wat hy “Vlerke’’ noem. Van sy ander musiek sluit in “Johnnie Blou”, “Koue Kole’ en “Witblits”. Die jong ster is op 5 Julie op die verhoog van die Escapadesteater by Rio Casino.
Morning tea in aid of Cancervive
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Tickets are being sold for a ladies tea where Cancervive’s CEO Marlene Nortje will be the main speaker. The event will highlight the roll Cancervive plays in creating awareness and celebrating cancer survivors.
Goeie dag vir bloed skenk
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wêreldbloedskenkersdag is op 14 Junie gevier en die plaaslike tak van SANBS het twee groot skenkersdae gehad om dit te ondersteun. Op 14 Junie is 144 eenhede geskenk en op 15 Junie 87 eenhede. Op 15 Junie was OFM teenwoordig en die skenkerskomitee het worsrolletjies gebraai.
Vier fees langs die Vaalrivier
Klerksdorp Midweek, Orkney - Die Orkney Snork Nie Oewerfees is om die draai en kaartjies raak al hoe skaarser. Die fees vind op 13 Julie plaas en dit beloof ‘n dag vol pret en plesier. Die fees vind by die Visarend Karavaanpark langs die Vaalrivier plaas en die organiseerders beloof ‘n familiefees met gees!
Aand van kuns, wyn en kos
The B Gallery in Klerksdorp, in samewerking met Klerksdorp se wynproewersgilde, het die afgelope Vrydagaand 7 Junie ‘n kunsuitstalling met ‘n verskil gehou. Kunswerke is saam met wyn en delikate peuselhappies gepaar wat al jou sintuie geprikkel het. Die tema vir die uitstalling is abstrakte werke en met die openingsaand is vyf skilderye verkoop. Die uitstalling (sonder die wyn) kan besigtig word tot 21 Augustus. Zet Havenga, kurator, was die aand so ‘n sukses dit gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word. ‘n Glasie Cederberg Brut MCC is tydens die lewendige kunsvertoning geniet. Marrak is voor die esel besig met ‘n skildery wat hy daardie aand begin en klaargemaak het. By een van die kosstasies is ‘n Diemersdal Souvignon Blanc Reserve gepaar saam met bokmelk-gevulde soetrissies en ‘n skildery deur Kobus van Wyk.