Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die Noordwes-Universiteitsraad het die oud-Klerksdorper Jannie Oosthuizen vereer met ‘n eredoktorsgraad.
Die graad is op Vrydag 2 Augustus aan hom oorhandig. Oosthuizen is vereer vir uitstaande akademiese meriete in Aptekerswese en sy leierskap van Merck, ‘n Amerikaanse maatskappy betrokke by die vervaardiging van medisyne en entstowwe wat wêreldwyd sake doen. Die NWU wou hom ook vereer vir die uitsonderlike bydrae tot die bevordering van die NWU se visie en missie met sy roemryke internasionale loopbaan.