Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Riaan Benade se konsert die afgelope Vrydag in die Escapadesteater het omtrent die dak gelig soos die gehoor saamgesing het. Veral met die sing van “Stoom tussen jou en my” het die volgepakte teater soos een man saamgesing. Dié sanger en sy orkes het Klerksdorpers uit sy hand laat eet op Saterdag 8 Junie met sy vertoning by Rio Casino.
Save a life on World Blood Donor Day
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - World Blood Donor Day will be held on Friday June 14. The South African National Blood Service (SANBS) extends an invitation to everyone in the country to observe this special day this week. This year, SANBS hopes to encourage new donors to participate in this important act of service by celebrating the nation’s blood donors and their life-saving efforts through its ongoing and powerful #WeAreThePulse campaign.
Some people are exempted from tax
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The South African Revenue Service (SARS) has announced the filing dates for tax season 2024, but not every taxpayer has to submit a return.
Drapeer ‘n boom in geel
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Junie is Afhanklikheidsbewustheidsmaand en ter ere hiervan moedig Sanca Sanpark plaaslike inwoners aan om ‘n boom of paal in hul omgewing in geel te versier om bewustheid van dwelmmisbruik te verhoog.
Kry jou kaartjie vir die Oewerfees
Klerksdorp Midweek, Orkney - Die Orkney Snork Nie Oewerfees vind op 13 Julie plaas en dié fees beloof ‘n dag vol pret en plesier. Die fees vind by die Visarend Karavaanpark langs die Vaalrivier plaas en dit is ‘n familiefees met gees! Die organiseerders beplan on ‘n markiestent op te slaan en die stalletjies, vermaak en biertuin sal binne-in plaasvind. Bring warm klere saam, want dit is in die middel van die winter. Die kunstenaars bied iets vir almal se smaak met Irene Louise van Wyk, Fatman, Prop, Byron Minnie, Victor Bothma en Dirk van der Westhuizen wat sal optree. Die hekke sal om 10:00 open en die program sal om 12:00 begin met Victor Bothma. Fatman sal die program afsluit wanneer hy om 20:30 optree. Die gladdebek Tannie Matie sal die seremoniemeester vir die dag wees. Die kaartjies is te koop teen R350 elk vir die hele dag se vermaak. Kinders o/12 betaal R100. Geen eie koelbokse word toegelaat nie. BBP-kaartjies is te koop teen R500 elk oftewel R5 000 per tafel vir tien mense. Dit sluit ‘n vingerete en die eerste drinkie vir die dag in. Tafels sal ook naby die verhoog wees. Skakel Adrie by 072 900 5952 om jou kaartjies te koop en tafel te bespreek.