Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Afrikaans-Amptelik 100-veldtog is van stapel gestuur om die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal te vier. In Klerksdorp word ook ‘n paar verskillende vieringe beplan om Afrikaans se 100ste bestaansjaar te vier. Die eerste funksie is by Verdant op 20 Junie waar The B Gallery in samewerking met Klerksdorp Boekefees ‘n aand van kuns, musiek, skryfwerk en digkuns aanbied. Alle skrywers, digters, fotograwe en kunstenaars (jonk en oud) word genooi om Afrikaans 100 te vier op papier, in ‘n foto of dit in ‘n kunswerk uit te beeld.