Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wêreldbloedskenkersdag is op 14 Junie gevier en die plaaslike tak van SANBS het twee groot skenkersdae gehad om dit te ondersteun. Op 14 Junie is 144 eenhede geskenk en op 15 Junie 87 eenhede. Op 15 Junie was OFM teenwoordig en die skenkerskomitee het worsrolletjies gebraai. 

Read more …Goeie dag vir bloed skenk

The B Gallery in Klerksdorp, in samewerking met Klerksdorp se wynproewersgilde, het die afgelope Vrydagaand 7 Junie ‘n kunsuitstalling met ‘n verskil gehou. Kunswerke is saam met wyn en delikate peuselhappies gepaar wat al jou sintuie geprikkel het. Die tema vir die uitstalling is abstrakte werke en met die openingsaand is vyf skilderye verkoop. Die uitstalling (sonder die wyn) kan besigtig word tot 21 Augustus. Zet Havenga, kurator, was die aand so ‘n sukses dit gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word. ‘n Glasie Cederberg Brut MCC is tydens die lewendige kunsvertoning geniet. Marrak is voor die esel besig met ‘n skildery wat hy daardie aand begin en klaargemaak het. By een van die kosstasies is ‘n Diemersdal Souvignon Blanc Reserve gepaar saam met bokmelk-gevulde soetrissies en ‘n skildery deur Kobus van Wyk.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Riaan Benade se konsert die afgelope Vrydag in die Escapadesteater het omtrent die dak gelig soos die gehoor saamgesing het. Veral met die sing van “Stoom tussen jou en my” het die volgepakte teater soos een man saamgesing. Dié sanger en sy orkes het Klerksdorpers uit sy hand laat eet op Saterdag 8 Junie met sy vertoning by Rio Casino.

Read more …Rocker Riaan by Rio

More Articles …