Thandi Masawe het nog altyd daarvan gedroom om ‘n sjef te word. Sy het van kleintyd af ‘n liefde vir kosmaak en onthaal en geniet dit om vir haar man en kinders kos voor te berei. Sy bly in Jouberton waar sy grootgeword het.
ALFREDO
Deur Thandi Masawe
Genoeg vir vier
Bestanddele:
• 20 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 250 g spek, in blokkies gesny OF hoender OF maalvleis
• 250 g portabellinisampioene, in skywe gesny
• Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 500 ml room
• 500 g penne-pasta
Metode:
• Verhit olyfolie in 'n pan.
• Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend.
• Voeg ham en sampioene by en braai vir sowat 5 minute.
• Geur met sout en swartpeper.
• Voeg room by en laat oop kook vir sowat 10 - 15 minute totdat room effens afgekook en verdik het.
• Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer.
• Meng sous met pasta en sit voor met gerasperde gorgonzola, pecorino- en/of parmesaan-kaas