Everyone will tell you that curry dishes are best enjoyed in winter or when it’s been pouring for weeks. Which means that Rustenburg of late is the perfect place to treat your family or group of friends to something most South Africans simply love. Few dishes can beat a good pot of curry when you feel the need to “chill” or to shake off the winter blues, whatever you need to do.
Our hosts of this week are Martin en Jackie Gough and their granddaughter, Emily Smith.
Among his family, Martin is renowned as a curry cook of choice – this is an age-old favourite of his and Rustenburg crowds will agree – Martin knows his way around a curry kitchen.
This is how you prepare “Curry in a hurry.”
Herfs hoender en groente gebak
Ons is in herfs en hierdie is my gunstelinggereg om te maak. Ek hou van kosmaak, solank die resep nie baie fieterjasies het nie. Hierdie is ‘n geurige, maklike en bekostigbare gereg. Wat dit so besonders maak is dat die resep aanpas by hoe jy daarvan hou en die hoeveelheid mense wat gaan eet. Verander die hoeveelhede soos nodig. Die groente wat gebruik word, herinner aan herfskleure; wortels, patats, botterskorsies en aartappels. Pas die hoeveelheid groente aan soos benodig. Die groente bak saam met die hoender in ‘n heerlike sous en vorm ‘n perfekte enkelbakgereg. Hoendervleis word wêreldwyd geëet en kan op baie maniere voorberei word. Dit word as deel van ‘n maaltyd soos middagete of aandete geniet. Hoender is ‘n fantastiese plaasvervanger vir rooivleis en is ‘n uitstekende bron van proteïene wat ook gekoppel word aan ‘n verskeidenheid gesondheidsvoordele. Hoendervleis het groot voedingswaarde en word erken as ‘n gesonde en laekostebron van dierlike proteïene, wat dit toeganklik maak vir almal.
Cowboy-pasta op die Suid-Afrikaanse manier
Hoewel die era van die “cowboys” al toeka verby is, het ons gasvroue vir hierdie week, ma-en-dogter kookspan, Anne en Teneke Botma, hul inspirasie vir hul familie-bederf-pasta daar doer ver in Amerika gaan haal. In die woorde van Anne: “Enigiemand kan kook. As jy ‘n resep kan lees en instruksies kan volg, kan jy kook of bak. Begin met maklike resepte en skakel dan mettertyd oor na meer ingewikkelde disse. Gebruik jou tyd om te leer en kook vir jou familie - met liefde.” So ook het Anne gesorg dat haar dogter, Teneke, baie tuis in die kombuis en agter die kospotte is. Teneke erken wel dat sy dit meer geniet om te bak en wanneer sy een van die dae voor die kansel staan, hoop sy om soos haar ma die familie te nooi om te kuier – spesifiek vir haar heerlike kos. Dié twee dames is nie net ‘n staatmaker-span in die kombuis nie, maar deel ook ‘n liefde vir skoonheid (hulle werk saam in Anne se skoonheidsalon) en geniet dit om hulself op te tooi – “cowboy”-hoede en –stewels ingesluit. Hoe dan nou anders as mens Cowboy botterhoender-linguine opdis?
Hanru se gunsteling-roomhoendergereg
Met Rustenburg Herald se onlangse 100ste bestaansjaarvieringe het ons span fotograwe ‘n viermanskap nuwe vriende ontmoet toe ons by geleentheid by dieselfde tafel (of moet ons sê dieselfde biervaatjie?) lafenis teen die bykans ondraaglike temperature gaan soek het – ons moet toegee – ons fees sal vir nog lank onthou word vir dalk een van die warmste dae tot dusver vanjaar.
Ons nuwe vriende en gashere vandeesweek dus – Zani Kruger en Hanru Buitendach wat vir ons ‘n immergewilde hoendergereg maak.
Ons lesers sal die res van ons nuwe vriendegroepie binne ‘n week of twee ontmoet.
Natuurlik kon ons nie die versoeking weerstaan om die heerlike hoenderhappie te proe nie – ons monde het teen dié tyd al behoorlik gewater – so ja, jy moet hierdie een ook maar teen die yskas plak (soos al die ander…)
KRAAKVARS HOENDER MET GROENTE EN AARTAPPELGEBAK
Vandag kreun die tafels hier by Rustenburg Herald se kookrubriek met ‘n behoorlike maaltyd. Aan die woeker in die kombuis is kollega Susan Cilliers – sedert 2010 Netwerk24 en Beeld se verslaggewer in Noordwes en haar sus Melindi van Rooyen, ‘n maatskaplike werker en direkteur van Childline in Noordwes.
Susan en haar sus is albei inwoners van Potchefstroom in Noordwes en is lief vir die koskuns. Susan en Melindi maak vir ons ‘n hoender- en groentegereg en ‘n aartappelgebak – ‘n lekker gebalanseerde maaltyd!
DIE “KOLONEL” JALOERS OP DIÉ HOENDERHAPPIE
By Bergsig Akademie was daar vroeër vanjaar groot opwinding toe twee van die skool se gewildste leerders onderskeidelik as Mnr en Mej Bergsig aangewys is. Na dese het Nola Kruger en Zandre Schoeman nie veel bekendstelling nodig in die kringe waarin skoolkinders beweeg nie. Vandeesweek bewys die twee dat hulle ook in die kombuis bedrewe is en ‘n lekker geurige, ligte ete en ‘n soet eetdingetjie vir nagereg is geen probleem nie. Nie alles gaan deesdae oor kitskos nie en daar is tog nog baie individue uit die jonger generasie wat die waarde van ‘n gebalanseerde dieet besef. Oor die volgende twee weke gaan Nola en Zandre hulle resepte vir heerlike gebraaide soetrissie-hoenderborsies asook ‘n sensasionele Peppermint Crisp tert met ons deel. As jou kroos by die huis dalk nie so geesdriftig oor kosmaak is nie, wys vir hulle hierdie lekker pret- en kooksessie – wie weet – dalk is hier genoeg “vleis om die lyf” om jou spannetjie by die huis te inspireer? Vandeesweek spring ons weg met die gebraaide soetrissie-hoenderborsies en aanstaande week kom die watertand-tert aan die beurt. Dalk kan jy nog hierdie lekkerste-lekker tert gemaak kry voor die winterkoue in al sy felheid toeslaan.
MOROCCAN BRAISED CHICKEN, LENTILS, SMOKED PAPRIKA & TOMATO
Hierdie eenpot-hoendergereg is ‘n ete op sy eie. Salomé Kotzé, redakteur van Klerksdorp Rekord, was verbaas oor hoe maklik die resep eintlik is om te maak, al klink dit nogal ingewikkeld as jy die naam lees. Jy sal jou gaste behoorlik beindruk met die een. Sy het die resep op Google gekry.
MAGLERALICIOUS CHICKEN KEBAB
Thabo Pelesane is a TB Ambassador and well-known DJ in Klerksdorp. He is passionate about community development and shares his recipe for chicken kebabs that he enjoys with a scrumptious homemade coleslaw.
A SASSY STIR-FRY
RUSTENBURG HERALD – RUSTENBURG – The days are now getting shorter. Meals that will not take up too much time is obviously then a priority. Rustenburg’s Chef Pieter Germishuys is showing us this week that stir-fry does not need to be the same old-same old.
You can jazz it up for a bit more flair – but still make it quick and easy. Chef Pieter’s delictable ‘Easy Broccoli, Chicken Peppadew Stir-fry’ is served on rice and garnished with crumbled Feta Cheese and Spring Onion.
KIEP-EN-KAASFRIKKADELLE
Dit staan al einde Maart se kant toe, maar in Rustenburg is daar nog min sprake van koeler herfsdae. Dit beteken dat dit steeds hopeloos te warm is om onnodige tyd voor ‘n stoof te spandeer. Toe ek dié resep vir ‘n blitsvinnige ligte maaltyd op Instagram raakloop, was dit so reg in my kraal – maklik, lekker en min moeite.
Nacho Hoenderfrikkadelle
Bestanddele:
1 Pak Doritos Nacho Cheese tjips
500g Hoender, gaar, en fyn gevlek
200ml Mayonnaise
Kaas (Gouda of Cheddar) in blokkies gesny, genoeg vir 1 per frikkadel
2 Geklitsde eiers om frikkadelle in te doop.
HOENDERKERRIE TEEN DIE WINTERKOUE
Marco Steenkamp wil graag ‘n verskil in Klerksdorpers se lewe maak en sê ‘n warm hoenderkerrie is net die regte resep vir ‘n koue wintersdag. Hy hou van rys, vleis en aartappels op ‘n Sondagmiddag en sy ma se hoenderpotjie is ‘n gunsteling.
HEERLIKE HOENDERSTAPEL VIR DIE JAAR SE KERSTAFEL
Dis mos nou al ‘n uitgemaakte saak: ure se sloof voor die stoof om vir jou gesin ‘n feesmaal vir kersfees voor te berei is bloot onnodig. Jy kan heerlike geregte bedien sonder dat jy kombuisvoos hoef te raak. Met net bietjie meer as ‘n week voor Kersfees oor, help Sjef Pieter Germishuys met ‘n plan vir ‘n treffergereg. Sjef Pieter, van Inspirare Cooking Academy is al byna sinoniem met kos waaroor jy sal wil huis toe skryf. Hy is nie net ‘n meester in die kombuis nie, sy studente pluk die vrugte van sy kundigheid met kwalifikasies wat deure vir hul oral in die wêreld kan open. Pieter is natuurlik ook ‘n man wat van onthaal hou. As jy dus ‘n funksie of byeenkoms beplan, vra vir Pieter – jou geleentheid sal ongetwyfeld ‘n ‘happening’ wees. By die rustige en netjiese Jabulani, skaars ses kilometer uit die dorp op die Dinie Estate-pad, word geen moeite gespaar om klante se wense te bewaarheid nie. Gesels met Pieter vir meer inligting. Om jou hoenderstapel – vir vyf porsies – te maak, benodig jy die volgende.