20
Mon, May

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Dit staan al einde Maart se kant toe, maar in Rustenburg is daar nog min sprake van koeler herfsdae. Dit beteken dat dit steeds hopeloos te warm is om onnodige tyd voor ‘n stoof te spandeer. Toe ek dié resep vir ‘n blitsvinnige ligte maaltyd op Instagram raakloop, was dit so reg in my kraal – maklik, lekker en min moeite.

Nacho Hoenderfrikkadelle

Bestanddele:
1 Pak Doritos Nacho Cheese tjips
500g Hoender, gaar, en fyn gevlek
200ml Mayonnaise
Kaas (Gouda of Cheddar) in blokkies gesny, genoeg vir 1 per frikkadel
2 Geklitsde eiers om frikkadelle in te doop.

Metode:
Maak die Doritos fyn en verdeel in twee.
Maak een deel aan met die gevlekte hoender en mayonnaise
Rol in balletjies, ongeveer gholfbalgrootte.
Maak ‘n holte en sit ‘n blokkie kaas in.
Rol weer deeglik toe.
Doop frikkadelle in eier.
Rol in ander helfte van gekrummelde Doritos.
Plaas gerolde frikkadelle in die vrieskas vir ongeveer ‘n halfuur.
Smeer ‘n oondbak en rangskik frikkadelle daarin.
Bak in ‘n voorafverhitte oond teen 180° vir 20 minute.
Bedien saam met ‘n slaai as ‘n ligte ete, of op hul eie met ‘n doopsous as ‘n versnapering.

Appel-en-bloukaasslaai

Bestanddele:
2 Rooi-appels, dun skyfies gesny en met bietjie suurlemoensap bedruip
Slaaiblare van jou keuse
35g Bloukaas, gekrummel
100g Rooibosbessies (Cranberry)
½ Engelse komkommer, gehalveer en fyn skyfies gesny
2x stafies Grondboontjielekkers, gekrummel
Slaaisous van jou keuse - Heuning-en-mosterd werk goed.

Metode:
Meng alles saam, behalwe die slaaisous.
Verkoel tot opdiening.
Drup slaaisous oor.
Bedien saam met enige maaltyd.