Dié Alfredo met hoender en tagliatelle sal jou smaakkliere vir baie langer kielie as wat dit gaan neem om die gereg voor te berei. Die resep is vinnig, maklik en ideaal vir dié tyd van die jaar waar alles dol en deurmekaar is. Hannes Fourie, eienaar van Buffels Weiveld Wegneem-etes in Brits, het spesiaal vir Rustenburg Herald dié eg Italiaanse gereg gemaak, maar met sy eie “boere-twist.” Die oorspronklike fettuccine Alfredo is in 1907/1908 deur die Italianer, Alfredo Di Lelio, geskep en dis ‘n verhaal van liefde, want nadat Alfredo se vrou, Ines, baie swak na die geboorte van hul seun geword het, het hy probeer om haar eetlus met ‘n eenvoudige, maar tog ryk en kragtige pasta, aan te wakker. Nie net was dit vir sy vrou ‘n lewensredding nie, maar ook het Alfredo se gereg ‘n huishoudelike naam geword. Aanvanklik het die gereg uit net drie bestanddele (fetuccine pasta,‘n groot hoeveelheid vars botter en parmesaan-kaas) bestaan, maar deur die jare het daar baie variasies van die Alfredo die liggesien. Só ook het Hannes sy eie unieke kombinasies gebruik om sy Hoender Alfredo te maak. Hy gebruik tagliatelle pasta wat baie soos fetuccine pasta is, ook plat en lintvormig, maar breër. Hy deel graag sy treffer-resep, maar was baie geheimsinnig oor sy unieke kruie-mengsels.
Pasta
ONS HOU FAMILIEFEES MET GARNAALPASTA
As jy die ouer van ‘n klompie altyd honger kinders is, sal die pastageregte in jou gunsteling-resepteboek baie prominent met verskillende variasies pastamaaltye gemerk wees. Pasta is bekend as die ideale maaltyd omdat dit nie net die perfekte randrekker is nie, maar veral omdat dit eenvoudig is om voor te berei, baie gesond en verbasend vullend is. Met die onlangse Julie-skoolvakansie het Nalize Buys die verbeelding ingespan en hoewel dalk ‘n rapsie kontraproduktief met betrekking tot bekostigbaarheid, is hierdie garnaalpastagereg van haar ‘n treffer onder die familie. Dit is egter so heerlik dat jy nie lank hoef te soek na ‘n klompie gewillige hande om die spreekwoordelike handjie by te sit nie. Nalize en die jongklomp aan haar tafel het dit so gemaak:
KOM MAAK ‘N ITALIAANSE DRAAI
Hoewel die afgelope somer sekerlik die warmste is as wat die meeste mense kan onthou, is daar hoop dat die winter stadig maar seker aan die kom is en binnekort sal Rustenburgers ‘n bietjie welkome verligting geniet. Ons wil nie ons lyf weerprofeet hou nie, maar ons het ‘n goeie vermoede dat Suid-Afrikaners nie vanjaar oor die winter gaan kla nie. Met die kouer maande op hande, bring ons vandag ‘n warmer resep wat jy dalk maar ‘n bietjie “op ys” kan sit tot die winter in al sy glorie toeslaan.
In die tweede aflewering van ons kuier by Amelia Swanepoel en haar sibbe, is ons kosmakers hierdie week Amelia en haar dogter Anne-Mari van der Westhuizen en hulle maak vir ons ‘n pastagereg waarvoor jy ver sal moet reis om dit geklop te kry – Napolitaanse Pesto met maalvleisbolletjies en romerige Tagliatelle-pasta. Onthou dat jy die Pesto voor die tyd kan maak en in die yskas kan bêre soos Amelia-hulle gereeld doen. Dié pesto is heerlik saam met enigiets en jy maak dit so:
DIÉ PASTA PROE NA MEER
As dit oor rugby gaan, hou ons nie van die Italianers nie. Maar wanneer dit by kos kom, is ons hulle welwillend en amikaal. Wat pasta so heerlike wenner as gereg maak, is dat jy baie onbeholpe moet wees om pasta verkeerd gaar te maak.
En, met ‘n bietjie verbeelding, kan pasta ‘n ‘show stopper’ wees – ‘n pronkstuk wat jou huismense, of jou gaste behoorlik sal beïndruk. Dié week maak Marnus van Dyk, geen onbekende in die Tambutikombuis, só pastagereg wat vir jou volpunte sal verdien.
‘Spek’-tacular pasta
