05
Thu, Dec

Renata van Dyk is a chef who wants to see her customers eat healthy. She also wants people to lose weight and still enjoy their food. She prepared cool and refreshing cucumber rolls and they are filled with goodness. 

According to her, it is so easy to prepare everybody can do it. She is the owner of The Noshery, a new deli and tea room at Monica Lane, Monica Avenue in Klerksdorp’s northern suburbs. She is a mom with two little ones and is married to Hugo. 

Ingredients:

• Whole cucumber. Shaved 
• Cream cheese or cottage cheese
• Can of tuna. She prefers the chunky ones

Read more …COOL CUCUMBER ROLLS

In die Indiërgemeenskap is “half moons” ‘n gunsteling-warmhappie en as’t ware die kleinboetie van die immergewilde samoosa. Mariana Paul –
vir die afgelope drie jaar al ‘n bekende gesig in ons kookrubriek, maak vandeesweek vir ons haar eie weergawe van dié lekkerny wat sy baie gepas “moon pies” noem. 

Sjoe, hierdie is nou ‘n heerlike smulhappie wat jy as ‘n ligte maaltyd of sommer net ‘n versnapering kan voorsit wanneer die eetgoed van die mense op die tv net té lekker begin lyk.

Bestanddele:
2½ k hoenderfillets in blokkies gesny
½ t komyn
1 t sout
¼ k suurlemoensap
1 t suurlemoenpeper

Read more …Oor die maan oor Mariana se “Moon Pies”

Amelia Swanepoel van “Hyper Soap Rustenburg” is ‘n bekende gesig onder personeel van Rustenburg Herald en ons kom ‘n lang pad saam met haar. As ‘n vriendelike, innemende persoon met sommer baie lewensvreugde is dit vanselfsprekend dat Amelia lief is vir die mense om haar – sy is die tweede oudste van vier susters en sy en haar sibbe en haar dogter (en natuurlik ma/ouma) kuier graag gereeld saam. Natuurlik ontaard die kuier dikwels in ‘n kosmaak-gedoente en dit kan die klompie goed doen. Ons het onlangs al te lekker by die susters – Madelene Nel, Amelia (Swanepoel) en haar dogter Anne-Mari van der Westhuizen en Nicolene de Kock in die kombuis gekuier (en sommer lekker geëet terwyl die vier vir ons ‘n paar van hul gunsteling-geregte voorberei het.

Read more …Amelia en “familia” kuier in die kombuis

Ons bevind ons alweer aan die begin van nog ‘n nuwe jaar en daar moet baie vroue en ma’s wees wat na ‘n bedrywige feesseisoen wonder wat hulle nog op die gesin se spyskaart kan insluit. Dit is maar ‘n stryd om seker te maak dat daar altyd ‘n lekker happie in die huis is (veral oor naweke) of watter heerlike maar gesonde eetgoed die kinders interessant genoeg sal vind om aan te peusel wanneer hulle langtand begin eet aan die “gewone” dinge.  Rustenburg spog nou al geruime tyd met die keurige gebak van Nostalgie Tuisgebak waar Marinda van Wyk aan die stuur is en geesdriftig deur haar ma – Marie Ludick - bygestaan word. Ons het vandeesweek by Nostalgie gaan kers opsteek waar Marinda vir ons gewys het hoe om die lekkerste-lekker gesondheidsmuffins en absolute fynproewer- kersie- en neutbeskuit te maak. Nie noodwendig goedkoop nie maar boeta, jy sal jou lippe weer en weer aflek. 

Read more …RAAK NOSTALGIES OOR FYNPROEWERBESKUIT EN -MUFFINS

Die kuns om huisvrou (tuisteskepper) te wees word deesdae by die dag moeiliker. Die meeste mense kla sommer maklik omdat die dinge by die werk “elke dag dieselfde ding” is – wees dankbaar mnr/mev – vir ‘n huisvrou wat voortdurend moet besin oor die gesin of kinders se maaltye bestaan daar nie so ‘n luuksheid nie. Ons ma’s moet deurentyd seker maak dat die gesin se etes interessant bly, dat dit smaaklik is, nie te duur is nie en laastens dat dit supergesond is – nie altyd ‘n maklike uitdaging nie nê? Mariana Paul van Rustenburg is ‘n bekende persoonlikheid in plaaslike kosmaakkringe. Sy’t egter sommer baie hooi op haar vurk en hoe sy vir alles tyd kry, wil ‘n mens dadelik laat kopkrap.
Mariana is nie net ‘n gereelde gas in Rustenburg Herald se weeklikse kosrmaakrubriek nie, sy is ook gaskunstenaar op 7de Laan waar sy die rol van Ubettina Wethu vertolk. Om kop bo water te hou, moet Mariana ‘n planmaker wees en planne het sy baie in haar kas. Vandeesweek – heerlike mini-herderspasteitjies wat sy op haar eie unieke manier voorberei. Kry die bestanddele gereed – jy is dalk nog betyds vir middagete!

Read more …MINI-HERDERSPASTEITJIES A LA MARIANA

Marnus van Dyk is nog nat agter die ore, maar hy is ‘n ou hand – en ‘n voorslag – in die kombuis; Enige ma se droom! Ja, Marnus kan ordentlike boerekos kook en tradisionele geregte voorberei dat dit lyk asof dit uit grootouma se resepteboek kom.
Maar die jong sjef hou ook baie daarvan om voor die stoof te eksperimenteer en nuwe tegnieke op die proef te stel.
Hierdie week deel Marnus met ons sy resep vir Chakalaka Papbolletjies.

Read more …FÊNSIE PAPBOLLETJIES MET ‘N BYT

Mens raak effens moeg vir die gewone ou goedjies voorberei. 

Boonop vertel jou kop jou mos ook dis tyd vir ietsie anders. Nou, daardie kere wanneer jy lus is vir iets, maar jy weet nie regtig vir wat nie, probeer rysballe. Dis nie moeilik om te maak nie, maar dis nou ook nie ‘n gereg wat jy binne minute aanmekaar gaan slaan nie.
As jy dus ‘n uur of so op hande het, en jy wil jou huismense – of gaste – regtig bederf, is hierdie lekkernye nét die happies om te berei en voor te sit.

Read more …RYS, MAAR GEBRAAI

Toe ek ‘n kind was, was daar nie so iets soos gekoopte brood in ons huis nie.
Daar was ‘n bottel met aartappelsuurdeeg in die yskas – wat soos goud opgepas is – en Donderdagaande is die knieskottel uitgehaal. Na daar deeglik geknie is, is die knieskottel omtrent soos ‘n baba in ‘n spesiale kombers toegedraai. ‘n Warmwatersak is onder die skottel gesit om te verseker dat die deeg behoorlik rys. In De Aar se koue winters het my ma boonop ‘n ‘kenfroetbottel’vol kokende water gegooi, ‘n holte in die middel van die deeg gemaak en die bottel daar ingesit – vir ekstra motiverende hitte. Maar met sjef Pieter Germishuys se broodresep in jou besit, is jou lewe maklik. En lekker. Dié deeg is ook baie veelsydig. Jy kan ‘n doodgewone brood bak wat jy saam met enigiets kan geniet. Wat is dan nou lekkerder as ‘n sny brood, warm uit die oond, saam met ‘n koppie sop? Die deeg is egter ook in die kol vir Stromboli-rolletjies wat jy as ‘n voorgereg kan bedien. Sit net roomkaas en Parmaham by - ‘n wenner!

Read more …‘N MOOI BROODJIE VIR JOU BORD

“Nou wie se vingers eet die mense dan?” het ‘n seuntjie sy ma gevra toe hy hoor dat daar ‘n vingerete voorberei moet word. Ag ja, die kinderlike onskuld van ons kroos darem… Maar van vingers gepraat – wie van ons is nie gek oor ‘n heerlike vingerete nie – veral as dit aantreklik, geurig en smaaklik en in ‘n taamlike groot verskeidenheid aangebied word nie? Ons is die afgelope klompie weke só deur Rustenburg se bekende “koekietannie” lusgemaak vir “uiteet” dat ons dit nie langer kon hou nie. Rustenburg Herald se jongste “Raak die ‘klits kwyt” is in die kombuis van Martin en Rita Smit wat minstens die afgelope tien jaar al bekend is vir hul heerlike tuisgebak. Rita-hulle se “koekies” is loshande van die billikste in ons omgewing maar as jy dalk jou hand aan hierdie lekkernye wil waag, bak jy sommer jy eie. Rita-hulle deel twee van hul gewildste en maklike resepte met ons:  

Read more …BAK EN BROU IN JOU EIE KOMBUIS

As daar nou een gereg is wat ongetwyfeld in die meeste lande ter wêreld ‘n stapelvoedsel is (of minstens dan behoort te wees) is dit die immergewilde “oop- of toebroodjie”. Ons almal weet dat miljoene mense op Moeder Aarde elke dag van meel- en soortgelyke graansoorte vir hul oorlewing afhanklik is. ‘n Mens kan nie help om te wonder hoeveel van hierdie graansoorte uiteindelik in broodvorm op honderdduisende tafels voorgesit word nie…

‘n Mens hoor dikwels die uitdrukking: “As ek elke dag net brood (en darem ‘n ietsie daarby seker?) moet eet, sal jy my nooit hoor kla nie. Die skrywer hier sal hom maklik met dié belydenis vereenselwig. Ai – ‘n lekker broodjie is nou maar eenmaal nie te versmaai nie en val nie net in omtrent almal se smaak nie, maar pas boonop uitstekend by enigeen se sak. En moenie glo nie – brood kan ook ‘n baie gesonde happie wees – of jy nou net “brood” in die middel van jou toebroodjie het of gelukkig genoeg is om ‘n “begin-van-die-maand-toebroodjie” te kan bekostig.

Read more …SPOGGERIGE, SMAAKLIKE EN GESONDE (TOE)BROODJIES

In vandeesweek se uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” kuier ons saam met Janine Wille en haar ma Marelize en ons is eintlik werklik spyt dat ons hierdie kook nie reeds in verlede week se uitgawe gereed gehad het nie. Dink net hoe lekker sou Janine en Marelize se “Jalapeno Poppers” afgegaan het saam met die Bokke se kragmeting teen die Wallabies van die afgelope naweek. Die rede hoekom ons só sê is omdat baie mense dié heerlike lekkerny waarskynlik op die proef gaan stel met komende naweek se tweede wedstryd teen die gevreesde All Blacks en behalwe vir die Jalapanos se tintelende brandsmakie, is ons bevrees die Bokke se kanse vir ‘n oorwinning teen Nieu-Seeland sal gewis vir ‘n bitterige smaak in die mond sorg. Maar laat daar geen twyfel bestaan oor die vars, krakerige effense brandsmaak van ma en dogter se Japapeno Poppers nie – ons sal dit beslis aanbeveel – of ons nou aan die wen- of verloorkant is.

Read more …‘ N WARM HAPPIE VIR ‘N WENDAG OP DIE RUGBYVELD

Met die nuwe jaar wat nou al ‘n maand oud is en dosyne kinders wat vir die eerste keer moet skool toe en ander wat moet hoërskool toe, sukkel baie mammas seker nou nog om behoorlik tot verhaal te kom nadat die meeste van ons met die lekker leeglê-dae van die Desember-skoolvakansie gekondisioneer geraak het. Dit is regoor die wêreld ‘n bekende uitdrukking dat ‘n ma se werk nooit klaar is nie – laat gaan slaap om seker te maak dat Jan en San se huiswerk klaar is en vroeg uit die vere sodat daar ietsie lekkers vir die kroos saam skool toe ingepak kan word. En so veeleisend soos die wêreld deesdae is, is die dae van “gewone ou skoolbroodjies” vir baie van ons lankal verby – nee, vandag se kinders moet behoorlike kos kry dat die dag nie te lank word nie. Vir mammas wat nie altyd weet hoe om die pas vol te hou nie, is Mariëtte Venter in Rustenburg net die oplossing. Mariëtte is ‘n dametjie met ‘n deeglike agtergrond in die restaurantwese, van die Spur-groep tot Milaneza in die Mall. Mariëtte is as’t ware ‘n voedingskundige wat die kunsies van kalorieë ens, ens lankal agter die blad het. As Mariëtte dus vir Boet ‘n kosblik gepak het, kan jy maar weet Boeta se fut sal soos die bekende Duracell-haas nie sommer opraak nie en ja, jy kan op bestelling elke dag vir Boet of Sus ‘n kospakkie inpak wat hom of haar met groot verwagting na groot en klein-speeltyd sal laat uitsien.

Read more …KOSBLIK VIR DIE JONGSPAN LAAT SKOOL LEKKER “SMAAK”
Page 1 of 2