20
Mon, May

Platters
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Marnus van Dyk is nog nat agter die ore, maar hy is ‘n ou hand – en ‘n voorslag – in die kombuis; Enige ma se droom! Ja, Marnus kan ordentlike boerekos kook en tradisionele geregte voorberei dat dit lyk asof dit uit grootouma se resepteboek kom.
Maar die jong sjef hou ook baie daarvan om voor die stoof te eksperimenteer en nuwe tegnieke op die proef te stel.
Hierdie week deel Marnus met ons sy resep vir Chakalaka Papbolletjies.

Bestanddele:

1 ¼ k Water
120 g Mieliemeel
10 g Sout
1 x blik Chakalaka met Mielies
2 x Eiers
80 ml Melk
250 g Krummels
Genoeg Olie vir diepbraai
Garnering van jou keuse

Metode:

1. Voeg water en sout in ‘n pot en laat kook.
2. Voeg meel by en roer.
3. Kook 5 tot 10 min tot dik genoeg om bolletjies te kan rol.
4. Laat pap afkoel en voeg 3 eetl Chakalaka by.
5. Rol bolletjies en doop in eiermengsel.
6. Rol in krummelmengsel en sit eenkant
7. Diepbraai balletjies tot goudbruin en plaas op kombuispapier om ekstra olie te absorbeer.
8. Garneer en bedien as bykos vir ‘n braai, of geniet dit so op hul eentjie as ‘n ligte ete.