The saying goes, a match made in heaven – or in the case of Pieter Jordaan and Natasha van der Merwe - a match made in the kitchen.
For many couples, attempting to cook together might end up in talks of divorce, but there are a few blessed relationships where meeting in the heart of the house, (ie the kitchen) also leads to relationship bliss.
Last week, our readers were entertained by Pieter’s family recipe of garlic snails, and this week, his fiancée, Natasha van der Merwe, proves that the way to a man’s heart is definitely through his stomach – with her not-so-traditional Boere-recipe of dumplings (souskluitjies). Natasha made her version of the dumplings with an orange zest – yes, you read correctly.
So, if you are a baker or a dessert maker who likes to experiment in the kitchen – this recipe is sure to tickle your fancy!
A sticky “situation” that is sure to tantalise taste buds!
The festive season has come and gone, but a few (lucky) households are still in the end stages of their holiday period - and without a doubt, there are some families who are waiting with bated breath to get back into a structured routine.
However, if you are looking to keep the young ones constructively busy before schools start up again, or if you simply did not indulge enough over December (is that even possible?), Annelize le Roux, originally from the North West province, but now a British citizen, kept her family in Rustenburg wanting for more when she whipped up a delectable sticky toffee pudding. Annelize is a mom of two and professional child carer in Reading in the UK, and this pudding, (likely invented during the 20th century in the Lake District of Northwest England) has proven time and time again to be a great addition to any cooked family meal. Sticky toffee pudding has now become a much-loved baked pudding around the world (with variations in certain countries) and is sure to be a winner on the Sunday lunch table – especially with the cooler weather we’ve become accustomed to in the last few weeks.
‘n HEERLIKE SOETKOEK WAT NOOIT FLOP NIE
In voorverlede week se uitgawe het ons Susan Cilliers – verslaggewer van Netwerk24 en Beeld - en haar ousus Melindi van Rooyen – albei inwoners van Potchefstroom, aan Rustenburgers bekend gestel toe hulle vir ons ‘n heerlike hoender- en groentegereg met aartappelgebak gemaak het. Wel Susan-hulle is vandeesweek weer aan die beurt met ‘n heerlike lemoenkoek wat nooit flop nie en enige tyd as nagereg kan dien. Susan se ma wat in die sewentigerjare gereeld by Hoërskool Fochville uitgehelp het, het die resep by die destydse onderhoof se vrou gekry. Susan se pa was self ‘n geskiedenisonderwyser by dié skool.
LEGENDARIESE SUURLEMOEN MERINGUE
Kosmaak is in Zandri Viviers se bloed. Sy kan nie voorbly met bestellings vir hierdie heerlike suurlemoen meringue wat in van Klerksdorp se top restaurante verkoop word.
MARYNA SE MELKTERT
Maryna Erasmus is ‘n grafiese ontwerper by Klerksdorp Rekord en gewild onder kollegas vir die heerlike sop wat sy in die winter maak. Sy hou van bak en deel die resep vir ‘n tradisionele melktert.
OUMA SE APPEL(TERT) VAL NIE VER VAN DIE BOOM AF NIE
As ‘n bloedjong nooi vir jou sê sy bak die lekkerste appeltert in die dorp kan jy dalk maar die voorkop se plooie in ‘n frons laat trek, maar as ‘n baie mooi bloedjong nooi vir jou sê sy bak haar ouma se gunsteling-appeltert en dat dié heel moontlik die lekkerste in die dorp is, sal jy wys wees om te vra hoe laat jy daar moet wees. So is dit nou maar, ons ouer-generasie vroue (ja, en selfs baie mans) weet maar net eenvoudig beter hoe dinge in die kombuis werk en wat hulle daar laat “verrys” is meestal ‘n treffer. Nouja, voorwaar is ons gelukkig vandeesweek met ‘n baie mooi bloedjong nooi en haar ouma wat ons genooi het om te kyk hoe die lekkerste appelterte in die dorp gebak word. Ons baasbakkers is Mikayla Stols en haar ouma, Leonie van Staden. In die familie is ouma Leonie bekend vir haar heerlike appeltert en wanneer die familie ‘n saamkuier-ete hou, word daar meestal nie gevra wat daar vir nagereg voorgesit moet word nie. So hier gaan ons – ouma Leonie en Mikayla maak dit so:
HEERLIKE PAMPOENTERT
Pampoen laat jou hare krul. JP Myburg is ‘n joernalis in die Kaap en het op Stilfontein grootgeword. Hierdie resep het hy baie tannie Poppie van Kokkedoor-faam gegaps en dit is heerlik as ‘n bykos by ‘n Sondagmiddagete of selfs ‘n braai.
Heerlike pampoentert
Deur JP Myburg
(oorspronklik deur Tannie Poppie van Kokkedoor-faam)
SAGO PUDDING
Elizabeth Ntaopane is a cook at an old age home in Klerksdorp. Sago pudding is her favourite dessert and also a favourite on the menu for the residents at the old age home. It is the perfect way to end of Sunday lunch on a sweet note.
SAGO PUDDING
By Elizabeth Ntaopane
SWEET WAFFLE TREATS
Mecé Rossouw loves the great outdoors, her husband and a sweet treat now and then. Her recipe for waffles is quick to make and delicious. You can top it with anything you like. She likes using fresh fruit and cream.
SAGO-POEDING - DIE TRADISIONELE MANIER...
In hierdie derde aflewering van ons “Zeerust-reeks” toe ons onlangs ‘n lekker wye draai in die bosveld gegooi het, kuier ons aan die tafel van Lulu Mulder. Ons was gelukkig dat Lulu vir ons iets gemaak het wat altyd omtrent eerste op almal se lippe is wanneer daar oor regtig-lekker poedings gepraat word. Sago-poeding natuurlik - en Lulu maak dit vir ons op die tradisionele manier wat sy by ouma Lettie geleer het. Sy noem dit uiteraad Ouma Lettie se Sago-poeding... Dit word so gemaak...
WARM SJOKOLADENAGEREG
Diegene wat ons reeks “This is how I cook” met Rustenburg se eie MasterChef SA (Thys Hattingh) volg, sal seker weet dat Thys ‘n regte lekkerbek is met ‘n onversadigbare drang na poedings, roomyse en al wat soet is en dat Thys baie gepas binne die volgende klompie weke die klem van sy huidige reeks van warm soppe na warm poedings en roomyse gaan verskuif.
Tot dan sal diegene van ons wat elke af en toe vir ‘n lekker “soetding” lus het, ‘n bietjie verbeelding moet gebruik of alternatiewelik op die sukses-verhale en resepte soos Kook en Geniet en dergliks moet terugval. Met die winterkoue wat deesdae kort na sonsak begin geniepsig raak, was ons gelukkig om ‘n wenresep vir ‘n lekker warm sjokoladenagereg by twee pragtige sussies te kry.
Ja, baie manne sal sekerlik saamstem dat ‘n mens sommer vanself so ‘n warm gevoel hier binne by aanskoue van twee sulke mooie mense kry, maar vir ons dames en oumense, wel, hulle moet maar op die warm sjokolade staatmaak vir ‘n bietjie ekstra hitte. Dit poeding is elk geval nie te versmaai nie en smaak beslis vorentoe – dit is beslis handig om vir die yskoue wintersdae wat nog voorlê, byderhand te hou. Ons mooie susters - Joanie Weiss en Elizma Pieterse maak die warm sjokoladenagereg soos volg;
TANT PIETIE SE KITS-BRUINPOEDING
Ons wonder of dit net ons is of is dit maar oor die algemeen so dat mense dink dat alles wat met kos, koek, tert, poeding of enige ander lekkerny (ook bederfies soos gemmerbier of allerlei vrugtesappe) te doen het, veel beter is op die platteland? Iemand het by geleentheid gesê dat almal in Suid-Afrika vandag se bloed op een of ander manier eers “deur die grond” geloop het. Wie van ons kan nie kinderdae of vakansies op oupa, ouma, oom of tante se plaas onthou nie?
Maar dan wil ons sommer in dieselfde asem sê - nee, ons wil onder geen omstandighede aanstoot gee nie, ons dink die dames (en mans?) in die stede kan net so wonderlik in die kombuis woeker - of dit nou wors maak, biltong ophang, of enigiets is wat met ‘n mens se smaak te doen het. Maar synde die oorsprong van die VLU - Vroue-”landbou”-unie - is dit sekerlik hoegenaamd nie ‘n fout om te meen dat ons VLU-mense almal met minstens een streepsak vol plaasgeheime in ons kombuise of spense sit nie. Maar genoeg gepraat, kom ons vertel vir ons lesers van ons jongste ervaring op die platteland. Ons het ‘n week of wat gelede by die plaas van Kobus en Pietie Basson tussen Groot-Marico en Zeerust gaan inloer. Ja, in ons gewilde VLU-reeks kuier ons behoorlik wyd en ons dink darem nie dit is net Rustenburgse mense wat kan “kook” nie. Elk geval - tant Pietie het ons met ‘n wonderlike eetding met ‘n naam so eenvoudig soos “Kits Bruinpoeding” bederf - maar boeta - moenie ‘n fout maak nie... Vir ‘n “groot en fris” knaap van die plaas “soos ek” (sic) was een bordjie se proe beslis nie genoeg nie. Snaaks - selfs wederhelf Cecile het... (toemaar - laat ek liefs nie my mond verbypraat nie, anders ry ek volgende keer dalk alleen platteland toe (wat opsig self natuurlik nie ‘n slegte ding is nie...)