21
Sat, Dec

Baked Pudding
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In voorverlede week se uitgawe het ons Susan Cilliers – verslaggewer van Netwerk24 en Beeld -  en haar ousus Melindi van Rooyen – albei inwoners van Potchefstroom, aan Rustenburgers bekend gestel toe hulle vir ons ‘n heerlike hoender- en groentegereg met aartappelgebak gemaak het. Wel Susan-hulle is vandeesweek weer aan die beurt met ‘n heerlike lemoenkoek wat nooit flop nie en enige tyd as nagereg kan dien. Susan se ma wat in die sewentigerjare gereeld by Hoërskool Fochville uitgehelp het, het die resep by die destydse onderhoof se vrou gekry. Susan se pa was self ‘n geskiedenisonderwyser by dié skool.

Bestanddele:
1½ k meel
1 k suiker
¾ k melk
3 eiers
4 eetlepels margarien/botter
1½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout

Metode:
Voorverhit oond tot by 175˚C. Klits eiers, voeg suiker by en klits goed. Kook melk en smelt botter daarin. Voeg dan droë bestanddele by eiermengsel  en meng goed. Gooi kokende melk daarby. Gooi hele beslag in oondbak en bak vir nagenoeg 20 min.

Stroop

Bestanddele:
2 eetlepels botter
1 k water
2 k suiker
1 k lemoensap en 2 tot 3 teelepels gerasperde lemoenskil

Metode:
Laat kook vir 5 min. Laat effens afkoel. Voeg dan 1 k lemoensap en 2 tot 3 teelepels gerasperde lemoenskil by. Prik koek met ‘n vurk en giet al die stroop daaroor. 
Bedien warm of koud met geklopte room of roomys.