20
Mon, May

Dit is lekker skoolvakansie, dit is behoorlik vrekwarm en ons is klaar met die reeks oor wildresepte. Rustenburg Herald se kookspannetjie is nou besig met nog 'n reeksie oor etniese, kultureel-tradisionele resepte. Dit is omtrent 'n mond vol - maar in beginsel beteken dit enigiets wat jy in jou kultuur onder jou mense van ou Suid-Afrikaanse tradisies oorgelewer gekry het... 

En in terme hiervan het ons al baie gehad, elke ou se gunstelinge is mos maar etnies, kultureel-tradisioneel nie waar nie. Maar terwyl die kinders nou soggens laat slaap (omdat hulle saans laat gaan slaap) en die huidige temperature nie 'n man of vrou se maat is nie, is 'n mens nie lus om in 'n warm kombuis te staan en spook vir 'n lekker vakansie-ontbyt nie. Wat van iets makliks en lekker ligs soos "scones". Ja, dis 'n Engelse naam maar so Afrikaanse as wat 'n mens kan kry.
Christine Dercksen - 'n voormalige Rustenburger wat deesdae in Worcester in die mooie Kaap woon, het vir 'n paar dae by haar kinders kom kuier en sy en haar skoondogter - Tanya Wagner - slaan vandag vir ons n lige ontbyt met heerlike varsgebakte scones aan. Met 'n bietjie verbeelding kan 'n mens baie vermag soos Christine en Tanya hier doen!

Read more …SCONES WAT DIE MOND LAAT WATER...

Met ons kort reeks kookartikels met lede van die Rustenburg-tak van Rotary International wat reeds die afgelope agt weke strek, is ons vir die soveelste keer in wie-weet-hoe-lank “gekonfronteer” deur die absoluut wonderlike geur en smaak van die tipies Suid-Afrikaanse malvapoeding, ‘n poeding wat sekerlik saam met Jan Ellis-poeding, sago, en/of souskluitjies van die gewildste en lekkerste poedings in ons land is. Dit is natuurlik hoe die soettande daaroor sal voel - ons besef dat daar baie mense is wie se soettande lank reeds getrek is en wat iets anders vir ‘n nagereg sal verkies. Maar met die jongste Rotariër-kook by die huis van Mike en Amanda Agathagelou het ons net weer bewus geword van die wonder van ‘n opregte malvapoeding. Ons het aanvanklik gemeen “nee wat, almal ken ‘n malvapoeding” - maar later besef dat baie mense waarskynlik nog nie hierdie lekkerny probeer het nie. Boonop was Johann Krugel - President van Rustenburg Rotary - se vrou (Angela) se malvapoeding uit die boonste rakke en ons kon net eenvoudig nie anders as om hierdie heerlike resep aan te bied nie.
Angela Krugel is blykbaar ‘n regte “Engelsman” soos wyle Pieter Pieterse se “Jenny” was - ‘n Ingelsman uit murg en been. Maar sy weet hoe om ‘n lekker poeding te maak... Angela maak haar malvapoeding so:

Read more …ROTARY CLUB RECIPE: MALVAPOEDING - DIE KONING VAN SUID-AFRIKAANSE NAGEREGTE

In ons nuwe reeks oor gewilde tradisionele resepte in samewerking met die Platinastreek van die Vrouelandbou-unie, skep ons vandeesweek in die derde aflewering van dié reeks ons bordjies propvol “Outydse Melktert”. Die bekende tant Susan Loots van Modderfontein (sowat 20 kilometer vanaf Rustenburg op die Wigwam-pad) en haar getroue huishulp Lizzy Kheswa was in die kombuis agter die stoof.

Mense, ons hoef seker vir niemand in Suid-Afrika te vertel dat ‘n melktert ‘n lekker “ding” is nie, maar boeta, wag tot jy “outydse” melktert geproe het! Outydse melktert smaak heeltemal anders as “gewone” melktert en die gelukkige ou met ‘n porsie op sy bordjie, sal verskoon word as hy meen dat hy dalk iets anders as melktert op sy vurkie het. Geen mens by sy volle positiewe sal ooit sy neus vir melktert kan optrek nie, maar “outydse” melktert van Susan Loots is iets uit heeltemal ‘n ander wêreld.

Moet nou nie, terwyl u vandag die geleentheid het om die hande op ‘n werklik unieke resep te lê, die kans laat verbyglip nie. Ons het dames (en mans en trouens almal wat in bak en brou en kook belangstel) aangeraai om ‘n plakboek met hierdie spesiale reeks VLU-resepte te begin en vir die nageslag te bewaar. Jy sal nooit spyt wees nie as ‘n mens die gewone melktert en hierdie “outydse” melktert kan bak, kan jy jouself ongetwyfeld as ‘n bakker van formaat uitgee...

Susan vertel graag dat hierdie resep van haar ouma kom - “ouma” was ‘n skoondogter van president Paul Kruger en dit is nie te betwyfel dat hierdie resep een van haar gunstelinge was nie. “Dit was ‘n gesukkel om die resep by ouma af te neem. Ouma het nie juis geglo in geskrewe of opgetekende resepte nie. Terwyl sy eendag by geleentheid besig was om vir my moeder te verduidelik hoe om “Outydse” melktert te maak, was ek vining byderhand met die pen en papier en so ken ek die resep vandag nog...

Read more …OUTYDSE MELKTERT

As witnessed by everyone following the very popular MasterChef SA series on M-Net – Callie-Anne Rodger was one of the favourite chefs fighting in out for the top positions. She was also a firm favourite and close friend of Thys Hattingh – Rustenburg’s “own” MasterChef who made it to the Top 8 in the country. 
Callie-Anne herself made it to the Top 25 in the MasterChef South Africa competition and unfortunately fell out in the braai challenge which is generally regarded a thing for the male chefs – who can blame her? Callie-Anne has an amazing gift when it comes to cooking and plating. Born in Zimbabwe and later moving on to Ballito in KZN, she is now working in Mozambique with her father and managing their Safari Company which they run together. Callie-Anne passed the cold auditions by making a “Scrummy Limón cello Semi Freddo served with Basil syrup” which was creamy and thick. For her hot audition she prepared a “Seared Fillet of Beef on a Zucchini and Porcini Mushroom Ragu and a Roasted Red Pepper Sauce” that made the judges squirm with delight. Truly an adventurist when it comes to her flavour combinations and food choices. 
This week on our regular cooking page, the team of Besige Bytjies with Callie-Anne’s Orange Infused Malva pudding with custard and caramelized orange slices.

Read more …ORANGE INFUSED MALVA PUDDING

When you ask a famous chef like Gordon Ramsey what some of his favourite childhood food memories are, he is quick to answer that it must be his mom’s shepherd’s pie, roast potatoes and Yorkshire pudding. This week Zandra Emmanuel of Safari Gardens, Rustenburg will share her authentic recipe for this English staple. Zandra first travelled the world as an air hostess, before working for Sol Kerzner in the 1970”s at the dawning of Sun International. She later worked very closely with Nelson Mandela as a public Relations professional and counts Madiba as one of her mentors. Born a Miss Coetzee, Zandra married an Englishman and moved to Yorkshire where her mother-in-law made sure the new addition to the family was instructed in the ways of this very traditional dish. The English mostly enjoys this dish as a savoury part, filled with gravy, of their main course of roast beef, but its versatility also lends it very well to be a sweet treat for after the meal. So, it’s up to you what you do with this little fluffy gem – have it with gravy or soup, or fill it with custard (like we did!), fruit, cream or ice cream.  The recipe could not be any simpler; you will need:

Read more …NAH THEN, HAVE A DOLLOP OF PUDDING, DUCKIE

Wel mense, die jaar is op sy rug en vandag oor presies ‘n week is dit tyd vir Kersvader om sy swaar sak oor sy skouer te gooi en kinderharte regoor die wêreld te verbly. As jy en jou familie vanjaar moontlik die takbokke en slee in die stad gaan misloop en tussen die wildsbokke in die bosveld gaan ontspan, is hier net die regte Kersfeespoeding vir bosveldaande om die kampvuur. Dit is nou as die maaltye daar rondom die vuur nie meestal uit vleis, vleis en vleis bestaan nie. Gelukkig is daar darem altyd ‘n klompie vroue wat sal toesien dat die manne hulle nie aan die bosveldsteaks vergryp nie. Vandeesweek se Bosveldpoeding kom van Lezané van den Berg en dit is ‘n maklik een wat jy sommer so vinnig op die vuur aanslaan terwyl die koffiewater al kook. Baie gepas vir dié tipe vakansie, is die poeding hoegenaamd nie ingewikkeld nie en jy het skaars meer as ‘n blikkie ingelegte perskes, ‘n stukkie lekker sjokolade en ‘n pakkie lekkergoed nodig. Lezané maak haar bosveldpoeding soos volg:
Bosveldpoeding op die kampvuur.

Read more …‘N BOSVELD-POEDING VIR KERSFEES

Soos koeksisters en malvapoeding is melktert ’n goeie voorbeeld van ‘n regte Suid-Afrikaanse nagereg wat reeds van die middeleeue af bekend is. Vanaf 2013 is 27 Februarie ‘n opwindende dag vir al die melktert-liefhebers. Die idée vir Nasionale Melktertdag het begin by die joernaliste van die Weg-tydskrif toe hulle besef melktert is die perfekte namiddag-soetigheid.
Op Weg! se webwerf verduidelik hulle dit wat gevolg het só: “Dié nuus was te goed om nie te verkondig nie, en die daaropvolgende jaar was vriende, lesers, radiostasies, Facebook-kennisse, koffiewinkelbase en sjefs oorgehaal om ook op 27 Februarie melktert te bak, te sny en saam met geliefdes te geniet. Omtrent oornag het iets wat as ’n hunkering na ’n soetigheidjie begin het, gegroei tot Nasionale Melktertdag.
Dit is duidelik dat almal in Suid-Afrika sal saamstem dat ‘n melktert ‘n lekker “ding” is, of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ’n eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word, melktert bly egte trooskos en is ’n heimwee-smaak van kindertyd en gesellige saamkuier-oomblikke. Hierdie week het die Rustenburg Herald-kookspan gaan kuier by “Flower Fun” met ’n tafel vol melktert-nageregte! Charlene Mostert & Mariesa van Heerden deel die heerlike resepte vir “melktert-pringles”, pannekoek-en-melktert-laagkoek en so ook n koffie-en-melktert-Don Pedro met ons! Gaan maak n draai by “Flower Fun” se koffiewinkel vir een van die heerlikste melktert-nageregte en nog vele meer. Hulle is geleë in winkel nr 18; Value Mart-winkelsentrum, Augrabieslaan no1, Rustenburg

Read more …MELKTERT-NAGEREGTE

Soos koeksisters en malvapoeding is melktert ’n goeie voorbeeld van ‘n regte Suid-Afrikaanse nagereg wat reeds van die middeleeue af bekend is. Vanaf 2013 is 27 Februarie ‘n opwindende dag vir al die melktert-liefhebers. Die idée vir Nasionale Melktertdag het begin by die joernaliste van die Weg-tydskrif toe hulle besef melktert is die perfekte namiddag-soetigheid.
Op Weg! se webwerf verduidelik hulle dit wat gevolg het só: “Dié nuus was te goed om nie te verkondig nie, en die daaropvolgende jaar was vriende, lesers, radiostasies, Facebook-kennisse, koffiewinkelbase en sjefs oorgehaal om ook op 27 Februarie melktert te bak, te sny en saam met geliefdes te geniet. Omtrent oornag het iets wat as ’n hunkering na ’n soetigheidjie begin het, gegroei tot Nasionale Melktertdag.
Dit is duidelik dat almal in Suid-Afrika sal saamstem dat ‘n melktert ‘n lekker “ding” is, of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ’n eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word, melktert bly egte trooskos en is ’n heimwee-smaak van kindertyd en gesellige saamkuier-oomblikke. Hierdie week het die Rustenburg Herald-kookspan gaan kuier by “Flower Fun” met ’n tafel vol melktert-nageregte! Charlene Mostert & Mariesa van Heerden deel die heerlike resepte vir “melktert-pringles”, pannekoek-en-melktert-laagkoek en so ook n koffie-en-melktert-Don Pedro met ons! Gaan maak n draai by “Flower Fun” se koffiewinkel vir een van die heerlikste melktert-nageregte en nog vele meer. Hulle is geleë in winkel nr 18; Value Mart-winkelsentrum, Augrabieslaan no1, Rustenburg

Read more …MELKTERT-NAGEREGTE

Rustenburg Herald se kookspan het onlangs by die kombuis van Jennie en Nia en die res van die vrolike klomp Viljoens by Olifantsnekdam ingeloer waar ons op allerlei lekker eetgoed getrakteer is. “Kleinsus” Nia het by die geleentheid vir ons ‘n Hoendergereg a la Nia gemaak. Dié week is dit ousus Jenni wat ‘n heuningtert opdien waaroor gedigte geskryf kan word. Ons het dadelik tot die slotsom gekom dat Simson sommer ‘n hele trop leeus sou stormloop vir ‘n happie van hierdie heuningtert wat sekerlik baie lekkerder is as ‘n paar handevol heuning uit die ribbekas van ‘n dooie leeu. As daar van ons lesers is wat nou nie die kloutjie by die oor kan kry nie, trek gerus weer die bybelverhaal van Simson nader. Maar met respekte gesê, hierdie resep sal jy ongelukkig nie daar vind nie...
Nouja, sonder enige verdere verwyl – hiermee Jenni se heerlike heuningtertresep – jy moet dit eenvoudig beproef!

Bestanddele:

250 ml koekmeelblom
125 ml strooisuiker

Read more …HIERDIE HEUNINGTERT SIMSON SE MOSES

South Africans and our "boeremense" have proved for generations that we have a flair for cooking, baking or whatever happens in our kitchens. Incidentally, we have also come to know the lemon as the wonderfully versatile fruit that is quite handy in almost any dish or juice. Most of us probably know the Lemon meringue pie - but did you know that we also have the so-called "moerang pie" which more or less hints at its absolutely fantastic taste?
If you want to try something new and absolutely delicious for this weekend, why not consider the "moerang pie"?

Marie MacDonald and colleague Eben du Plessis of Rustenburg Herald came up with the idea of a “moerang pie”…

Read more …HAVE YOU TRIED THE “MOERANG PIE”?

Ons lesers wat die weeklikse Raak die klits kwyt-rubriek volg en daarvan hou om te sien met water koskunsies mense in hul kombuise vorendag kom, het seker opgemerk dat Rustenburg Herald se “kookspan” binnekort met ‘n opwindende reeks tradisionele resepte en disse uit ons eie VLU-kringe begin. Ons sien eintlik al lankal uit na so ‘n reeks kos-artikels (dalk moet ek sê ons lek al lankal die lippe af...?) want dit is mos maar nie ‘n geheim dat ons VLU-dames van die “platteland” nie maklik op hul plek gesit word as dit by kosmaak kom nie. Ons dames wat altyd vir ‘n wonderlike resep op die uitkyk is, sal baie wys wees om so gou moontlik ‘n groterige plakboek gereed te kry - dit gaan mos nou maklik wees om sommer net elke week se uitgawe uit te knip en die bladsy in u plakboek te plak. Miskien kan ons een van die mooi dae ‘n Rustenburg Herald-uitsoekresepteplakboekkompetisie loods? Sjoe - dit ‘n lang word - so genoeg gepraat - kom ons gesels kos. 
Ons het by geleentheid by tannie Ella Pienaar, moeder van die Rustenburg-kunstenaar - Johannis Pienaar - ingeloer en verneem van die wonderlike lekker gemmerpoeding wat sy maak. Dit was ‘n gunsteling van haar eggenoot - oom Corrie - van vroeg vanjaar oorlede is. (Terloops - oom Corrie en tannie Ella was ‘n ongelooflike 61 jaar getroud - ons dra hierdie week se kook aan oom Corrie op...) Vandeesweek stel ons vir tannie Ella aan u voor en wys vir julle hoe om hierdie lekker nagereg te maak...

Read more …BRUIN GEMMERPOEDING VIR DIE SOETTAND
Page 2 of 3