18
Thu, Sep

Ons lesers wat die weeklikse Raak die klits kwyt-rubriek volg en daarvan hou om te sien met water koskunsies mense in hul kombuise vorendag kom, het seker opgemerk dat Rustenburg Herald se “kookspan” binnekort met ‘n opwindende reeks tradisionele resepte en disse uit ons eie VLU-kringe begin. Ons sien eintlik al lankal uit na so ‘n reeks kos-artikels (dalk moet ek sê ons lek al lankal die lippe af...?) want dit is mos maar nie ‘n geheim dat ons VLU-dames van die “platteland” nie maklik op hul plek gesit word as dit by kosmaak kom nie. Ons dames wat altyd vir ‘n wonderlike resep op die uitkyk is, sal baie wys wees om so gou moontlik ‘n groterige plakboek gereed te kry - dit gaan mos nou maklik wees om sommer net elke week se uitgawe uit te knip en die bladsy in u plakboek te plak. Miskien kan ons een van die mooi dae ‘n Rustenburg Herald-uitsoekresepteplakboekkompetisie loods? Sjoe - dit ‘n lang word - so genoeg gepraat - kom ons gesels kos. 
Ons het by geleentheid by tannie Ella Pienaar, moeder van die Rustenburg-kunstenaar - Johannis Pienaar - ingeloer en verneem van die wonderlike lekker gemmerpoeding wat sy maak. Dit was ‘n gunsteling van haar eggenoot - oom Corrie - van vroeg vanjaar oorlede is. (Terloops - oom Corrie en tannie Ella was ‘n ongelooflike 61 jaar getroud - ons dra hierdie week se kook aan oom Corrie op...) Vandeesweek stel ons vir tannie Ella aan u voor en wys vir julle hoe om hierdie lekker nagereg te maak...

Read more …BRUIN GEMMERPOEDING VIR DIE SOETTAND

Suné Heyneke het al die Mej Klerksdorp-kroon gedra en is ‘n aktiewe blondekop watt daarvan hou om te kamp en die buitelewe geniet. Sy het op skool Verbruikerstudies gehad waar sy leer bak en brou het. Malvapoeding is ‘n gunsteling nagereg.

Read more …AMARULA MALVAPOEDING

Hier by AgriPulse se "Raak die 'klits' kwyt" het ons 'n sagte plek vir tradisie - dit bly darem maar 'n feit dat die lekkerste eet- en drinkgoed uit ons mees verslete en geelverblykte resepteboeke kom. Ons het onlangs weer 'n paar van ons lekkerste tradisies opgesoek en soos ons lesers seker opgemerk het, op 'n eenvoudige resep vir die lekkerste amper soos "ingemaakte" kwepers afgekom.
Dit is juis nou weer kwepertyd en vir 'n lekker kombuiskuier was die feit dat Liesl Broeksma van Rustenburg Herald en haar ma (Henriëtte) van Stilbaai oor die Paasnaweek 'n langverwagte reünie gehou het, net die regte geleentheid. As jy nou gou spring, sal jy nog voor die seisoeneinde 'n paar sakkies kwekers in die hande kry. Koop sommer twee - dan maak jy dit op een of twee (of albei) van die volgende maniere:

Read more …KWEPERS - OP TWEE MANIERE...

Stellalander-Vryburg- Ons kook saam met Gerda De Sousa, een van die bekende stemme op Jacaranda FM. Gerda is ‘n oudskolier van Hoërskool Vryburg en het in 1991 matrikuleer. Gerda deel haar spesiale resep vir piesangpoffertjies. Gerda sê dis een van daardie wat jy enige tyd en enige plek vir enige maaltyd en enige iemand aanmekaar kan slaan - en dis altyd ‘n wenner. Gerda verklap dat sy van dié poffertjies geleer toe sy eendag deur haar Portugese kookboek blaai op soek na inspirasie. Sedertdien, het sy die resep al bietjie aangepas en gooi sommer ‘n handvol oorryp bloubessies ook by. Dis ook baie lekker met kaneelsuiker.

Follow this link https:https: //bit.ly/kooksaammetgerda en kook saam met Gerda De Sousa

Piesangpoffertjies

Read more …BAK SAAM MET JACARANDAFM 94.2 SE GERDA

Sjef Leon Nel, eienaar van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort, met die nagereg, Sjokoladekoek sonder meel, met ‘n tikkie koffie en die gebakte Camembert- en neutfilo as ‘n voorgereg.

AGRIPULSE – HARTBEESPOORT – Elegant en kontemporêr kunstig voorbereide geregte is kenmerkend van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort en om so ‘n stukkie van die elegansie met lesers te deel, het AgriPulse by sjef en eienaar van die restaurant, Leon Nel gaan kuier. Leon spog met tientalle nasionale én internasionale toekennings en disse op dié spyskaart is van wêreldklas-standaard.
Spesiaal vir AgriPulse se lesers het dié bekroonde sjef sy immergewilde voorgereg, Gebakte Camembert en Neut Filo met ons gedeel. Dié voorgereg is ‘n kunswerk vol geur, kleur en afronding wat beloof om elke smaakknoppie denkbaar te prikkel. Met ‘n tikkie persoonlike panache gekomplimenteer deur jou unieke flair, kan jy jou gaste met die meesterlike delikates as ‘n verwelkominggereg bederf.
Besoek gerus Orange Bistro se webwerf by https://www.silverorangebistro.co.za/

Read more …‘N MEESTERSTUK OP JOU BORD

AGRI-PULSE – KLERKSDORP - Wintertyd is poedingtyd.  Lieflike gebakte poedings met ryk souse, romerige verleidings of die geure van gemmer, sitrus of speserye wat jou binneste warm maak. Salomé Kotzé, redakteur van Klerksdorp Rekord, hou daarvan om nuwe resepte te probeer en hierdie resep uit die Idees tydskrif vir ‘n Suurlemoen-souspoeding het haar oog gevang.  Dit is maklik om te maak, smaak soos nog en is die regte medisyne om daardie koue wintergevoel te verdryf.

Bestanddele:
Genoeg vir 6-8 mense
Oondtemperatuur: 180 °C
500 ml bruismeel
350 ml strooisuiker

Read more …SUURLEMOEN-SOUSPOEDING
Page 3 of 3