20
Mon, May

In die gejaagde wêreld waarin ons vandag leef, maak dit tog net sin dat groot etes by kleiner, minder formele gesellighede by die dag besig is om ‘n skaarser gewoonte te word en dat benewens die tyd- en koste-faktor – dit seker maar goed is om net ‘n vinnig happie of wat te eet wanneer ‘n mens eintlik meestal met werk of ander belangstellings besig is. In elk geval, vir die meeste mense is daar nie ‘n verskoning nodig om liewer die groot, swaarder borde kos vir ‘n verandering opsy te skuif en wanneer die geleentheid reg is en jy dalk ook met ‘n heerlike glasie wyn in die hand staan, aan ‘n “platter” met ‘n lekker groot wye verskydenheid “lekkernye” te peusel nie. Ons het al by ‘n geleentheid vroeër vir ons lesers ‘n platter voorgesit maar so met die nuus dat Clover (ja, die kaasmakers van faam) nou ook ‘n verspreidingspunt in Rustenburg het, het ons met Chantel Muller van Clover Rustenburg gekonkel om vir ons ‘n lekker “kaas-platter” voor te berei. (Terloops – meer besonderhede oor Clover se nuwe verspreidingstak in Rustenburg sal binnekort in die Herald verskyn – hou ons dop!) Chantel maak vir ons ‘n skinkbord met ‘n heerlike paar vingerhappies waarin kaas natuurlik ‘n belangrike rol speel. Een van die eerste happies op die “skinkbord” is pannekoekies:

Read more …PLATTERS

Agri-Pulse-Vryburg – `n Geselligheid of twee saam met vriende en familie is nie dieselfde sonder heerlike peuselhappies en `n melkskommel of drankie nie.

Na Desember laat die nuwejaarsvoorneme almal besef dat dit `n nuwe geleentheid is om beter na jouself te kyk - en `n kilogram of twee te verloor.
Inwoners reg oor die Noordwes en Noord-Kaap het die tweede maand van 2019 met `n glimlag begroet, dankbaar om die ellelange  Januarie agter te laat.  
Die maand wys gesondheidsghoeroe, Angelique van Vreden, hoe jy `n verskeidenheid omelette kan maak.
Nie net is dit watertandlekker en boonop gesond nie, maar het jy nie baie bestanddele nodig om lekker te eet nie.
Die omelette kan in `n pan of in die mikrogolfoond voorberei word.
Gebruik `n omelet-tupperware- bak om die perfekte vorm te kry. 

Read more …DRIE OMELETTE OP TWEE MANIERE

Janette Kuhn, sjef en eienaar van die gewilde Vigilante Restaurant in Upington, het AgriPulse genooi om haar vinnige en maklike quesidillas te probeer.

Wat is ‘n quesidilla? “Queso” is kaas in Spaans. ‘n quesidilla is ‘n verhitte tortilla met gesmelte kaas binne. Maar benewens kaas, kan jy feitlik enigiets in ‘n quesadilla sit. ‘n Quesadilla is ‘n Mexikaanse gereg wat uit die 16de eeu dateer. Tradisionele quesadilla is gemaak met ‘n mielietortilla wat op ‘n rooster verhit is, gevul is met kaas en verskeie ander vulsels (vleis, groente), en dan opgevou is om met die hand geëet te word. Dit lyk asof die byvoegings soos guacamole, salsa en suurroom later gekom het. En, soos Amerikaners quesadillas aangeneem het, het hulle hul eie stempel daarop gesit en nie-tradisionele vulsels soos roereier bygevoeg om ontbyt-quesadillas te maak en dikwels meeltortillas vir die mielietortillas verruil. Voorafgerasperde kaas is handig en smelt goed genoeg, alhoewel ons aanbeveel om jou eie kaas te rasper vir die beste smeltbaarheid. Jy kan enige smeltbare kaas in ‘n quesadilla gebruik.
Mielie- of meeltortillas vir quesadillas?
Tradisioneel in Mexiko word quesadillas gemaak met mielietortillas, nie koringmeeltortillas nie, en ‘n smeltende, wit kaas.

Read more …VINNIGE EN MAKLIKE QUESADILLA MET ‘N SUID-AFRIKAANSE KINKEL

AGRI-PULSE - UPINGTON - ‘n Nuwe hotel, Upington Inn het einde September sy deure op Upington in die Noord-Kaap geopen.
Die hotel is deel van die Country Hotel-groep en is geleë in Tiptolstraat, Keidebees, waar die ou Naba Lodge eers was. Upington, wat aan die oewer van die Oranjerivier geleë is, is die grootste sentrum in die streek en die perfekte basis vir sake- en vakansiegangers. Gewilde besienswaardighede sluit die skilderagtige Augrabieswaterval, Kgalagadi  Oorgrenspark, Namibië, die Richtersveld Nasionale Park en die Weskus van Suid-Afrika in.
Na verskeie aanbouiings en opgraderings spog die hotel nou met 38 nuut opgeknapte kamers en ‘n volledige reeks geriewe om ‘n gemaklike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers te verseker.
Geniet stedelike gemak in landelike prag.
Die hotel bied ook goeie konferensie fasiliteite wat tot 200 konferensiegangers kan hanteer, asook ‘n raadsaal vir 30 persone. Die Country Hotel is ook ingerig om troues vir tot 120 gaste aan te bied en die pragtige tuine leen dit ook vir buitelugtroues. Die Upington Inn se 38 kamers bestaan uit dubbel-, enkel-, semi-selfsorg- en gesinskamers. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe.  Daar is ook ‘n werktafel en stoel, ‘n platskerm-TV en ‘n verskeidenheid DSTV-kanale om van te kies. Linne van hoë gehalte, insluitend handdoeke, word voorsien. Daar is ‘n groot restaurant wat drie etes per dag bedien. Volgens William is dit hul missie om plaaslik te ondersteun.  Food Lovers Market en Wickens Vleismark is twee van die plaaslike verskaffers. Verskeie funksies kan om die swembad en in die groot tuin gereël word, afhangende van die kliënt se behoefte.  Daar is ‘n lekker kuierstoep wat oor die swembad uitkyk, asook ‘n kuier-area waar spitbraaie gehou kan word. Die hotel is ook rolstoelvriendelik. Upington Inn  bied ook gratis WiFi, DStv, 24-uur-ontvangs, lugversorging, restaurant en kroeg.  Die hotel is ook dierevriendelik en het twee honde aangeneem van die plaaslike AWS. Vir meer inligting kan die algemene bestuurder, William Horner geskakel wrod by 054 338 0444 of e-pos na  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Read more …UPINGTON HOTEL SE BEFAAMDE PLAASHUISPALET
Page 2 of 2