20
Mon, May

Platters
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

In vandeesweek se uitgawe van “Raak die ‘klits’ kwyt” kuier ons saam met Janine Wille en haar ma Marelize en ons is eintlik werklik spyt dat ons hierdie kook nie reeds in verlede week se uitgawe gereed gehad het nie. Dink net hoe lekker sou Janine en Marelize se “Jalapeno Poppers” afgegaan het saam met die Bokke se kragmeting teen die Wallabies van die afgelope naweek. Die rede hoekom ons só sê is omdat baie mense dié heerlike lekkerny waarskynlik op die proef gaan stel met komende naweek se tweede wedstryd teen die gevreesde All Blacks en behalwe vir die Jalapanos se tintelende brandsmakie, is ons bevrees die Bokke se kanse vir ‘n oorwinning teen Nieu-Seeland sal gewis vir ‘n bitterige smaak in die mond sorg. Maar laat daar geen twyfel bestaan oor die vars, krakerige effense brandsmaak van ma en dogter se Japapeno Poppers nie – ons sal dit beslis aanbeveel – of ons nou aan die wen- of verloorkant is.

Jalapeno Poppers

Bestanddele

Woolworths gehalfeerde Jalapenos (400g)
200 g Cheddar-kaas, fyn gerasper
125 g Volroom-roomkaas
(Plain full fat cream cheese)
25 ml Koekmeel
Robertson’s traditional braai mix & Sout en peper om die meel te geur
125 ml melk
2l Kookolie vir diepbraai
Sweet chilli-sous

 Metode

Verwyder die pitte van die Jalapenos. Rasper die cheddar-kaas op die fyn kant, meng die roomkaas met die Cheddar-kaas tot lekker styf. Stop die Jalepenos met die kaasmengsel.
Vul een bakkie met 125 ml koekmeel, geur dit met Robertson’s traditional braai mix, sout en peper na smaak, meng die mengsel goed. Vul ‘n ander bakkie met 125 ml melk. Verhit intussen die kookolie.
Doop die Jalapenos in die melk en dan in die meel, herhaal dit twee keer en braai dan tot mooi bruin.