21
Sat, Dec

Pasta
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

As dit oor rugby gaan, hou ons nie van die Italianers nie. Maar wanneer dit by kos kom, is ons hulle welwillend en amikaal. Wat pasta so heerlike wenner as gereg maak, is dat jy baie onbeholpe moet wees om pasta verkeerd gaar te maak.
En, met ‘n bietjie verbeelding, kan pasta ‘n ‘show stopper’ wees – ‘n pronkstuk wat jou huismense, of jou gaste behoorlik sal beïndruk. Dié week maak Marnus van Dyk, geen onbekende in die Tambutikombuis, só pastagereg wat vir jou volpunte sal verdien.

‘Spek’-tacular pasta 

Bestanddele:

1 x pak Spek–en-kaaswors (420g)
125 ml Olyfolie
Knoffel (na smaak)
1 x pak pasta van jou keuse (500g)
2 x medium Uie
15 g Tiemie
15 g Origanum
15 g Paprika
15 g Swartpeper
15 g Sout
1 x blik Tamatie-en-uiesmoor (420g)
1 x houer Roomkaas (250g)
200g Cheddarkaas
1 x houer Suurroom (250ml)
1 x pakkie vars Kruie van jou keuse vir garnering

Metode:

Plaas genoeg water in ‘n pot om die pasta mee te kook. Voeg sout by.
Maak spek-en-kaaswors gaar. (Marnus het syne in ‘n lugbraaier gaargemaak)
Sny uie fyn en braai tot goudbruin in olyfolie en knoffel. Voeg speserye by en roerbraai verder.
Voeg tamatie-en-uiesmoor, asook suurroom en roomkaas by. Prut tot roomkaas gesmelt is.
Dreineer pasta en roer by uiemengsel.
Meng deeglik en roer ekstra kaas by.
Skep op, en smul!