Nouja, die eerste ding wat ons boere- en plaasgemeenskappe vir ons sal vra as ons vir hulle ‘n resep vir ‘n heerlike hoenderburger aanbied, is seker: “het julle nie geweet ons is vleismense nie?” Met ander woorde braaivleis, pap en sonkyn (en rugby) of hoe? Maar goed dan - spesiaal vir diegene wat hierdie tyd van die maand al lus het vir ‘n ietsie anders as wat gewoonlik op die oop vuur gemaak word. Kollega Bennitt Bartl en vroulief Heilet spog lankal hier by ons oor hulle lekker hoenderburgers - so hier’s ‘n maklike en lekker reseppie vir daardie “einde-van-die-maand”-naweke.
Bestanddele:
1 pakkie hoenderborsies
60ml olie
125ml BBQ-sous