21
Sat, Dec

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

AgriPulse-Vryburg – Die maand het AgriPulse gaan inloer by sjef en kookkunskenner Petie Pretorius, en dié wys hy hoe om stylvol met tradisionele disse te onthaal. Petie wat sy ondervinding opgedoen het deur opleiding in Engeland te ontvang en ook deur groot dele van Europa en Amerika te toer, is deesdae die algemene bestuurder by `n gewilde lodge in Vryburg en doen ook spyseniering saam met beste vriendin, Carien Mari Brink wat kos so goed soos hy verstaan. Volgens hom werk hul heeltyd met kos, blomme en dekor om altyd daardie ‘iets anders’ te kan voorsit.
“Ek glo - dek die tafel mooi, maak lekker kos, drink jou beste wyn, trek jouself mooi aan en geniet dit saam met jou hartsmense - want ons lewe net een keer,” voeg hy by. Hy vertel dat hy sy liefde vir kos verseker van my ma af gekry het.

“In my kinderjare onthou ek dat sy enige konfyt, ingelegte vrugte, koeke, terte en die lekkerste kos kon kook. Ek het altyd gedink dit is net ryk mense wat geblikte winkel konfyt en boks koekies kon koop. Vandag besef ek eintlik wat `n voorreg dit was om met al die delikate kosse te kon groot word en dat dit nie so ‘grand’ is om boks koek of blik jam te kan koop nie,” voeg hy by. Tydens die onderhoud het Petie geurige hoenderlewerkies as voorgereg voorberei en maak hy ook Bobotie as hoofgereg.

Hoenderlewerkies:
Voeg avokado olie in pan en braai twee opgekapte uie en twee eetlepels knoffel tot lekker bruin.
Voeg nou 1 kg hoender lewerkies by en braai verder.

Meng een eetlepel hoenderspeserye, 2 Eetlepels swartpeper (na mate hoe jy daarvan hou), 2 Teelepels sout en `n titseltjie sojasous saam en voeg ook in pan.

Sous:
Saam met 1kg lewerkies voeg 1koppie blatjang, `n halwe koppie appelkooskonfyt en 1 koppie tamatiesous in die pan.
Voeg ook 2 Eetlepels suurlemoensap en `n bietjie tabascosous by vir ander smaak.
Sit terug op stoof.
Kook tot gaar en bedien as voorgereg of laat word koud en bedien as happie met brochette.

Benodigdhede vir Bobotie:
1 kg maalvleis
2 Teelepels knoffel
Worcestersous
2 Teelepels sout
2 Eetlepels Kerrie
1 Eetlepel borrie
2 teelepels fyn koljander
1 Teelepel kaneel
1 houertjie tamatie puree
4 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels appelkooskonfyt
4 eetlepels blatjang
3 uie fyn gesny
1 gerasperde appel en 1 koppie rosyntjies
Heel stukke gemmer

Maak só:
Voeg twee eetlepels gewone olyfolie, uie en knoffel in pot en braai tot bruin.
Voeg maalvleis, sout, peper by en plaas weer op stoof.
Meng bruinsuiker, appelkooskonfyt, blatjang, tamatie puree, kerrie, gerasperde gemmer, borrie, kaneel, suurlemoensap en die aftreksel saam.
Voeg mengsel ook in pot.
Voeg ook koppie rosyntjies en koppie gerasperde appel by.
Meng in aparte bak, 4 eiers en 1 koppie melk.
Breek vier snye witbrood, wat vooraf in melk geweek is, bo op maalvleis in pot.
Voeg melk en eiermengsel bo oor broodlagie.
Sit sowat 6-9 lourier blare bo op bobotie en sit in oond vir 30-45 minute.
Haal uit en bedien saam met geelrys.

Geelrys:
1 koppie is genoeg vir vier persone.
Voeg twee teelepels borrie, een teelepel witsuiker en een teelepel sout by.
Kook tot gaar en bedien.