21
Sat, Dec

Poultry
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Nouja, die eerste ding wat ons boere- en plaasgemeenskappe vir ons sal vra as ons vir hulle ‘n resep vir ‘n heerlike hoenderburger aanbied, is seker: “het julle nie geweet ons is vleismense nie?” Met ander woorde braaivleis, pap en sonkyn (en rugby) of hoe? Maar goed dan - spesiaal vir diegene wat hierdie tyd van die maand al lus het vir ‘n ietsie anders as wat gewoonlik op die oop vuur gemaak word. Kollega Bennitt Bartl en vroulief Heilet spog lankal hier by ons oor hulle lekker hoenderburgers - so hier’s ‘n maklike en lekker reseppie vir daardie “einde-van-die-maand”-naweke. 

Bestanddele:
1 pakkie hoenderborsies
60ml olie
125ml BBQ-sous

300 gram koolslaai-mengsel
Twee eetlepels mayonnaise
175 gram vanilla joghurt
4 broodrolletjies

Metode:
Sny die hoenderborsies in die middel deur en braai dit in ‘n pan met die olie tot bruin. Haal die hoender dan van die hitte af en sit dit op ‘n snyplank. Gebruik twee vurke om die hoenderborsies uitmekaar te trek.
Sit die hoender terug in die pan en weer op die hitte. Meng die BBQ-sous in en roer dit goed deur. Haal die hoender van die hitte af.
Meng die koolslaai, Mayonnaise en joghurt in ‘n bak. Sny die broodrolletjies, smeer dan botter en skep die koolslaaimengsel op die rolletjies. Skep die hoender bo-op en bedien met ‘n bykos van u keuse.